FOTO Instagram dunayvanheerden

FOTO Instagram dunayvanheerden

Het jy gehoor?

Kurt Darren en Gavin Edward se babaseuns is gebore!

Eers was daar drie en nou is daar vier. Vanoggend het die Afrikaanse sanger Kurt Darren en sy vrou, Dunay, hul tweede spruit verwelkom – ’n seuntjie, Kade!

Gister het Kurt op sosiale media gesê dat hul lewe dié week gaan verander.

En die Afrikaanse sanger Bobby van Jaarsveld het vir Kurt gelukgewens:

Hul seuntjie is vanoggend om 08:10 gebore en weeg 3,58 kg.

Hulle het reeds ’n dogtertjie, Kyrah.

En die The Voice SA-finalis Gavin Edwards se babaseun is ook vandag gebore. Bobby was sy afrigter en mentor op dié program. Cody Alvan Edwards weeg 4 kg.

Gavin en sy vrou, Bianca FOTO Facebook

Gavin en sy vrou, Bianca
FOTO Facebook

Gavin het die goeie nuus op sosiale media gedeel.

FOTO Facebook

FOTO Facebook

Baie geluk, julle!

Lees nou

5 natuurlike maniere om meer energie te kry

Kyk net Amanda Seyfried se verloofring!

Kim Kardashian óók sonder grimering