kurt_darren_pic
Het jy gehoor?

Kyk hier! Kurt Darren-fliek, Ek lief jou, se lokprent!

Die akteur en regisseur Andre Frauenstein en regisseur en vervaardiger Anton Ernst het met die idee vorendag gekom om ’n fliek te maak waarin Kurt se liedjies die storielyn vorm.

Hulle het met Kurt in hul agterkop met die idee begin speel om so ‘n fliek te maak en Anton het die hele storie neergepen. Dele in die storie weerspieël Kurt se regte lewe, soos hoe hy en sy vrou, Dunay, ontmoet het. Dit was op die stel van die musiekvideo van “Meisie Meisie” en Dunay het nie geweet wie hy is nie!

In die fliek is die sanger Dirk de Jong op soek na die perfekte meisie om in sy video te speel . . . Hy vind haar gelukkig en dit help hom om uit ‘n stormagtige verhouding te “ontsnap”.

Volgens Kurt was dit ‘n opwindende projek om aan te werk, veral omdat dit op soveel verskillende plekke geskiet is – Witwater op Naboomspruit, Krugersdorp, by die O.R. Tambo-lughawe en selfs in België!

Daar is selfs ‘n Belgiese aktrise, Ilze de Vis, in Ek lief jou te sien. Plaaslike bekendes wat daarin speel, is die model en aktrise Christina Storm, die gewilde sanger Kevin Leo en Andre Frauenstein.

“Dit was ‘n lekker uitdaging en ek sien baie uit na die eindresultaat – veral na die publiek se reaksie wanneer hulle ‘n totaal ander kant van my sien,” het Kurt aan sarie.com vertel.

Vorige flieks waarin Kurt te sien was, is onder meer The Racist, Liefling en Susanna van Biljon.

Onbeskryflik begin op 3 Junie 2011 in teaters draai.

  • Steve

    Ek is ‘n groot aanhanger maar sy nuutste CD’s word al hoe flouer.
    Hoop nie die fliek is dieselfde nie!

  • YOLANDE ALBERTSE 0791449939

    KURT JY SAL VERSEKER ‘N SUSES HIERVAN MAAK GLO NET IN JOUSELF EN JY SAL BESLIS DIE SUSESVRUGTE PLUK NA DIE TYD. JOU MUSIEK WAS; IS EN SAL ALTYD DIE STERK PUNT VAN ONS TAAL WEES, EN WANNEER EK JOU KAN BEKOSTIG WIL EK GRAAG HE DAT JY OP MY TROUE MOET KOM SING WANT JY IS PUIK VERBY.

    YOLANDE
    079 144 9939

    AS JY OP TROUES SING IS EK BESLIS DIE VOORSTE AANHANGER WAT JOU DAAR WIL SIEN.

  • Conrad

    Jippie! ‘n Fliek van Kurt Derm se lewe met al sy eie musiek – ek lag myself aan die slaap van opwinding vanaand.

    PS: Yolande, jy is duidelik selfs dowwer as die gemiddelde Kurt-aanhanger as jy jou selnommer vir almal hier op die internet uitblaker.

  • Monica

    Kurt het glad nie n wonderlike stem nie. Hy het net die regte konsep gekies. Mense hou van dans liedjies met lekker wysies. Daarin het hy uitgeblink en baie,baie geld gemaak. Sangers soos Ray en Steve is die manne met die mooi stemme!

  • Magiel Briel

    Kurt, jou halfmas visogies maak my knieë ook lam! Jy het seker niks teen gay troues nie, vertel my asseblief Kurt. As jy op Yolande se troue sing moet jy op myne ook sing… anders kla ek jou by die Gay & Lesbian Alliance aan! Verstaan jy my?

  • Willem van Schalkwyk

    Ek is seker "Onbeskryflik" is die beste titel wat so ‘n fliek kon hê.

  • Elzabe

    Dis ‘n kwessie van smaak. Natuurlik sal die Kurt-aanhangers van die fliek ook hou.

  • Rikus Louw

    Hoewel ek nie van sy musiek hou nie werk hy hard en verdien sy sukses, maar hy word n tweede Bles. Daar is n gevaar dat mense te veel doen en dat die publiek moeg raak vir n kunstenaar, ek dink hy staan op daardie randjie.

  • Conrad

    Tog amusant hoe julle enige kommentaar wat bietjie krities lyk genadeloos sensureer, maar julle laat arme naïewe Yolande Albertse toe om haar selfoonnommer aan die wereld te verkondig. Ek wonder hoeveel oproepe van "Kurt Darrens" het sy al gekry. Of miskien niks, waarskynlik lees niemand op die planeet ooit hierdie kommentaartjies nie.

    "Sarie, die tydskrif vir die vrou wat nie daarvan hou om te dink nie."

    Terloops, dit is Ilse de Vis, met ‘n "s".

  • Louna Oosthuyzen

    Ek gaan verseker die DVD koop as hy uitkom. Steve wanneer laas het jy ‘n cd gemaak, kyk ek is mal oor jou musiek ook maar genade jong gun elkeen sy plekkie in die son.

  • Regtige sanger aanhanger

    Nog ‘n geldmaak foefie, Ek is nou al so gatvol vir afrikaanse sangers wat probeer sing en net omdat hulle die geld en roem het sommer ‘n klomp CD’s smous. Ek verlang na die goeie kunstenaars wat regtig kon sing en wat kon CD’s verkoop. Hopelik gebeur dit weer.

  • Conrad

    En daar bewys Sarie my verkeerd – hier pryk my kritiese kommentaar skielik in al sy glorie. Respek!

  • palio

    Gaan weer probeer want kommentaar is gemodereer maar om een of ander rede weg. Ek hoop Kurt het groot sukses met sy fliek, aangesien sy optrede in NZ die naweek so pateties was. Verwag darem as mens 500 km ry om die real deal te kry en nie iemand wat op back tracks sing nie. Interesant dat mens nie jou opinie mag lug nie maar dat mense hul selfoon nr kan publiseer sonder ‘n probleem.

  • elmarie

    Ek dink hy kan glad nie sing nie , al hoekom sy cd’s verkoop is dat dit lekker dans liedtjies is …….en persoonlik dink ek die mense moet ophou om hom so op te hemel want hy is n baie ongeskikte mens ……was saam op boot en sjoe die man dink baie van hom self te veel maar hy kan seker want hy het baie geld

  • palio

    Moet net nie vir my se jy dink dis Steve Hofmeyer wat die kommentaar gelewer het nie???? Louna jy moet tog besef daar is meer as een Steve daarbuite………………..

  • freida

    kurt hou aan jy maak afrikaans groot

  • DaveMan

    Eerstens Kurt Darren is heavy over-hyped in SA.

    Hy moet passop dat die goed wat hy so op die rakke uitpomp nie te eentonig raak en dat mense ophou om hom te ondersteun nie.Ek meen wie maak n’ song met die naam van ‘Wegkruipertjie’ Dis kinderagtig! No originality..

    Hy bring al die goed uit, en hy weet mense sal dit koop net omdat daar Kurt Darren op dit staan.Ek meen get-a-life mense.Daar is baie ander kunstenaars wat beter as hy vertoon op vlakke van liedtjie skryf, sing en acting.

    @yolande Om te tik in hoofletters, gee voor dat jy skêl en 2dens, onthou om volgende keer jou selnommer nie vir die hele wêreld te publish nie.Kurt Darren gaan dit nie sien nie.Hy spandeer nie sy hele dag om comments te lees nie.

  • Knopgat

    Probeer maar die make-up so bietjie minder maak – lyk al meer en meer na Hanon! Die publiek sal besluit of jy goed genoeg is jy hoef jouself nie aan ons af te smeer nie.

  • Pierre Celliers

    Ons Afrikaner nasie se musiek smaak laat darem veel te wense oor!

    Kleuterskool lirieke met drie akkoorde laat die Rande inrol!

    Afrikaanse flieks dieselfde! "A Dime a Dozen" -Swak!

    Afrikaanse verhoogstukke dieselfde!

    In kort; Afrikaanse vermaak SUIG!!!

  • Bokka

    Hallo word wakker Steve sal nooit sulke goed se nie!!!!!

  • Victoria

    Ek dink Kurt werk hard vir wat hy in die lewe wil he en harde werk word op die ou end beloon. STERKTE

  • ivy

    Ai julle manne is almal dieselfde gedink net in my huis julle is JALOERS manne herken dit nou maar!!!!HAHA n ouma!!!!!!

  • Glodine

    Ek stem saam met DaveMan dat Kurt heavy over-hyped is in SA. Jinne dit is asof die media nie genoeg van die nar kan kry nie. Ek weet nie wat mense in hom sien nie, hy kan nie sing om sy lewe te red nie. Het julle al die man live gehoor sing. En dan al daardie nar passies wat hy op die verhoog doen. Ek is siek en sat vir Kurt Darren en wens sy bubble wil bars en klaar kry.

  • Pietman

    Oh boy. Shame.

  • Lizle Fourie

    Ek wens mense wil niks se, as hulle nie iets mooi kan se nie! Ek dink Kurt Darren sing pragtig en hy’t weer Afrikaanse musiek "spirit" gegee! Dis lekker om Afrikaans te wees as ons sulke heerlike musiek het om aan te hang! Ek kan nie WAG vir die fliek nie, ek’s seker dit gaan stunning wees!!!

  • Verdette

    Ai tog, altyd ‘n eiertjie te le, meeste vrot. Ons is bederf om soveel Afrikaanse kunstenaar te he, dankie tog vir pogings om te groei en nuwe dinge aan te pak. Sterkte met die fliek hoop dis ‘n groot sukses

  • jana butler

    Dis vir my baie amusant hoe baie mans kommentaar lewe hier op die Sarie rubrieke, maar julle ouens se kommentaar is baie entertaining, ek lag my ‘n papie! Kurt Darren se musiek is lekker vir ‘n sokkie treffer so nou en dan, maar hierdie vliek is farfetched verby! As hy ‘n vliek oor hom self wou maak hoekom dan ook nog so ‘n lame karakter naam soos Dirk haha, bly dan eerder net Kurt!

  • Marie

    Ek het die fliek gaan kyk & dit was maar aan die flou kant. Al wie die moeite werd was & wat kan toneel speel is Christina Storm. Die storie was maar hakerig & die storie wou nie vloei nie. Hy kan maar as Kurt gespeel het want hy dink mos hy is SA se SUPERSTER! :) Al raad wat ek aan Kurt het…. Werk aan jou LIVE optredes of vermy dit! Jy klink kookwater op jou cd’s maar SUPERSTERRE gebruik nie backtracks by optredes nie.

  • carine

    ek dink dat die vliek eintlik baie mooi was,was nou nie liefling se tipe nie maar was goed ek sal dit weer kyk,wat my bietjie afgesit het was die mense wat so ander taal praat jy moes mooi luister wat gese word.
    Danie dirk se broer oe maar jy was sexy.
    well done

  • carine

    kurt jou musiek rock al jou cd’s koop ek…hoop om binnekort een weer op die rak te sien

  • Jan Marais

    Ek het nou net die fliek probeer kyk op kyknet, maar ek het meer as een keer verveeld geraak met die eentonige teks en swak spel van die karakters. Ek persoonlik dink die fliek is uiters swak en dit lyk asof die hele film op ‘n goedkoop tuis kamera geskiet is. Ek gee die fliek ‘n 2/10 vir die probeerslag.