kurt_darren_310w
Het jy gehoor?

Kurt Darren in ‘n ernstige motorongeluk

Sanger en TV-aanbieder Kurt Darren was in ‘n ernstige motorongeluk in die vroeë-oggendure van Sondag 7 Julie 2013.

Hy is deur nooddienste per helikopter vanaf die ongelukstoneel na die Netcare Milpark Hospitaal in Johannesburg geneem. Hy het veelvoudige beserings en kneusplekke opgedoen, en ook 8 ribbes gebreek. Kurt is in die hoësorg-eenheid van Netcare Milpark Hospitaal. Hy is in baie pyn maar stabiel en gemaklik, en uit die gevaarsone.

Sy broer Darren van Heerden was eerste op die toneel, en beskryf die gebeure as volg: “Kurt was oppad huis toe nadat hy rugby gekyk het saam met sy vriend Marnus Bisschoff en dié se assistent, Nadia van Rensburg. ‘n Voertuig het hulle van voor genader en was die middel van die pad. Dit was duidelik dat dié voertuig nie sou uitwsaai nie, en hulle is van die pad af gedwing. Hul het voertuig by ‘n afgrond op die Moloto-pad, Noord van Pretoria, afgerol. Iemand wat daar naby woon het die ongeluk gehoor en noodhulpdienste ontbied. Kurt en Marnus is per helikopter na die hospitaal geneem. Marnus het ook baie kneusplekke opgedoen. Dit is nog onduidelik of hy enige verdere beserings opgedoen het. Nadia word vir been- en heup-beserings in die Steve Biko Hospitaal behandel.”

Kurt se vrou Dunay is tans oorsee en is ingelig van die situasie.