kurt_darren_310w
Het jy gehoor?

Kurt Darren in ‘n ernstige motorongeluk

Sanger en TV-aanbieder Kurt Darren was in ‘n ernstige motorongeluk in die vroeë-oggendure van Sondag 7 Julie 2013.

Hy is deur nooddienste per helikopter vanaf die ongelukstoneel na die Netcare Milpark Hospitaal in Johannesburg geneem. Hy het veelvoudige beserings en kneusplekke opgedoen, en ook 8 ribbes gebreek. Kurt is in die hoësorg-eenheid van Netcare Milpark Hospitaal. Hy is in baie pyn maar stabiel en gemaklik, en uit die gevaarsone.

Sy broer Darren van Heerden was eerste op die toneel, en beskryf die gebeure as volg: “Kurt was oppad huis toe nadat hy rugby gekyk het saam met sy vriend Marnus Bisschoff en dié se assistent, Nadia van Rensburg. ‘n Voertuig het hulle van voor genader en was die middel van die pad. Dit was duidelik dat dié voertuig nie sou uitwsaai nie, en hulle is van die pad af gedwing. Hul het voertuig by ‘n afgrond op die Moloto-pad, Noord van Pretoria, afgerol. Iemand wat daar naby woon het die ongeluk gehoor en noodhulpdienste ontbied. Kurt en Marnus is per helikopter na die hospitaal geneem. Marnus het ook baie kneusplekke opgedoen. Dit is nog onduidelik of hy enige verdere beserings opgedoen het. Nadia word vir been- en heup-beserings in die Steve Biko Hospitaal behandel.”

Kurt se vrou Dunay is tans oorsee en is ingelig van die situasie.

  • marianne

    bly hy is uit die gevaar. sterkte vir hom en sy vriende!

  • Dalene Marx

    Baie jammer om van hierdie ongeluk te hoor. Almal word sterkte toegewens. Mag God julle pyn verlig en spoedig genesing gee.

  • Marie

    Kurt ek wens jou en Marnus ‘n spoedige herstel toe en hoop julle is gou weer op die been. Die arme Dunay is seker buite haarself van skok. Baie sterkte julle!!!

  • lynnette

    Sterkte hoop jy word gou beter,dink aan jo

  • Bettie Leppan

    ALLE Beterskap word jou toe gewens Kurt en ook die wat betrokke was spoedige beterskap. Sterkte.

  • Lorinda Rush

    Dank ons Liewe Heer dit was nie ‘n noodlottige ongeluk nie! Spedige herstel Kurt, Marnus en Nadia!!!

  • anna solms nelspruit

    kurt ons dra jou op aan die hemelse vader dat die here jou sal aanraak en met jou sal wees glo en vertou net op die here wonderwerke kan gebeur wees net geduldig en positief die here sal jou gesond maak prys die here sterkte aan sy vrou ook

  • Marna Schoeman

    Kurt baie sterkte, ons bid vir jou vir spoedige herstel. Vertrou net op ons Hemelse Vader, sy Genade is groot, en Hy sal jou in Sy hande neem en beskerm en genees.

  • Marietjie Engelbrecht

    Baie Sterkte aan Kurt, Marnus en Nadia. Jammer om te vereem van die ongeluk!

  • Marthie Jordaan

    Sterkte Kurt, ons bid vir jou spoedige herstel!

  • Elizabeth

    Glad nie ‘n “fan” van hom nie, maar ek hoop nogtans hy herstel gou. Hopelik sal die spul wat die ongeluk veroorsaak het aan die pen ry!

  • cappie van heerden

    baie sterke aan almal word gou gesondcap

  • Riekie

    Word gou en ten volle gesond Kaptein. Voorwaarts mars……….. jy sal deurtrek.

  • MERCIA

    GOU GESOND WORD EN SPOEDIG HERSTEL WORD JOU TOEGEWENS.

  • hendrik

    hendrik wens jou n spoedige herstel toe dit was nie jou tyd nie sterkte!

  • loutjie en enid theron

    kurt ons is baie jamer om te hoor van jou ongeluk ons bid vir jou sterkte

  • Zelmarie

    Hi Kurt Derren

    Jy moet gou gesond word.Kurt jy moet net nie moed verloor nie jy moet net baie sterk wees.