FOTO: Instagram @dunayvanheerden

Het jy gehoor?

Kurt Darren se geskenk vir sy ongebore dogtertjie

Kurt Darren is op ’n Hollandse toer. Maar dit is nie nét werk vir die gewilde sanger nie … 

Hy kon darem ’n tydjie afknyp om vir sy eersteling ’n aandenking in Amsterdam te koop.

Dunay is swanger met haar en Kurt se eersteling en sover verloop alles glad met haar swangerskap. Dunay het twee weke gelede op Twitter gesê dat hulle vir ’n skandering was. Sy skryf: “Ons het SO ‘n spesiale 4D scan weer gehad vandag!! Het ons prinsessie sien gaap… SO oulik … ”

Dunay het verlede maand dié foto vir Kurt gemaak toe sy 21 weke swanger was.