Het jy gehoor?

Kurt maak sy eie wyn + ander nuus!

Jy kan binnekort na jou gunsteling-liedjies van Kurt Darren luister terwyl jy sy wyn drink! Kaptein-wyn word in samewerking met Val de Vie geproduseer en is eersdaags op die rakke! Kurt ontmoet binnekort die wynmaker om sy wyne se unieke smake bymekaar te sit.

Ander nuus uit Kurt se wêreld is dat hy sy eie app in samewerking met Media24 Digitale Tydskrifte gaan bekendstel (foto bo). Dié app volg die internasionale neiging dat bekende sangers hul eie apps kry. En daarop gaan baie agter-die-skerms-gebeure en eksklusiewe inhoud wees. Sy nuwe CD is ook binnekort op die rakke.

By die huis gaan dit baie goed met geen klagtes nie, sê Kurt. “Ek is mos maar boring! Geen groot nuus nie!” Verder sê hy sy vrou, Dunay, is hard aan die studeer aan haar meestersgraad in die sielkunde. “Sy sit dag en nag voor die boeke, maar ek is baie trots op haar.” Hoewel hy nie veel wou sê oor hul planne vir ‘n gesin nie, het hy wel genoem dat hy eendag sy pienkvoet baie mooi sal oppas.