kurt_310w
Het jy gehoor?

Kurt praat oor die aand van sy motorongeluk

Kurt Darren was vir net meer as 2 weke in die hospitaal ná ‘n ernstige motorongeluk.

Kurt het gister met Beeld gepraat oor sy grootste uitdadings nadat hy Saterdagaand, 6 Julie, in ‘n ernstige motorongeluk was.

Kurt onthou baie goed die aand in Pretoria toe die wit Toyota Fortuner waarin hy, Marnus Bisschoff (‘n kunstenaaragent) en Nadia van Rensburg (Marnus se assistent) gery het, omstreeks 23:40 van die pad afgery het, in ‘n sloot beland en teen ‘n betonblok gebots het. (Kyk hier wat van dié motor oorgebly het.) Volgens hom was dit net bosse, bome, ‘n geswenk, angs en toe ‘n harde slag. Sy ore het begin sing en hy was in pyn.

kurt1_300w

Foto: Twitter

Hy het aan Beeld gesê dit sal vir hom “weird” wees om elke keer verby die plek te ry waar dit gebeur het. Marnus het glo net ná die ongeluk aan hom gesê: “Asseblief, KD, moenie doodgaan nie …” In die drie ure wat hy gewag het om uit die wrak gehaal te word, het hy gedink dít kan moontlik sy einde wees.

Maar nadat hy twee weke in die hosptiaal aangesterk het, gaan dit baie beter met hom. Kurt het skedelbreuk opgedoen en 11 ribbes gebreek. Hy dra ook nog ‘n oogklap omdat die swelling in sy brein sy sig beïnvloed. Sy asemhaling en spraak is nog nie ten volle herstel nie en hy weeg sowat 10 kg ligter.

Kurt wil alreeds volgende maand weer begin optree.

Lees die volledige artikel in Beeld hier.

[gallery ids="110062,110061"]

Dunay, Kurt se vrou, het Saterdag, 20 Julie, in die hospitaalkamer by hom oornag. Hulle het dié foto’s op Twitter gedeel:

My kamermaat vir die aand, ware liefde!!! – Kurt op Twitter

screen_shot_2013_07_23_at_8.38.18_am_630w

 

 

 

 

 

 

 

 

Lekker slaap my engel – Kurt op Twitter

BRON: Beeld