FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

Het jy gehoor?

Kurt se Dunay vang graad

Dunay van Heerden, sanger Kurt Darren se vrou, het gister baie goeie nuus gekry – sy het haar meestersgraad in die sielkunde verwerf.

Dunay, wat haar meestersgraad aan die Noordwes-Universiteit verwerf het, het dié nuus gekry pas nadat sy en Kurt gister in Londen geland het. Kurt is besig met sy oorsese toer.

Dunay se gradeplegtigheid gaan in Mei plaasvind.

Kurt gesels oor Dunay se studies en meer

“Oor die maan van blydskap,” het sy saam met dié aankondiging op Twitter gesê. ’n Trotse Kurt het ook sy “slim engel” se goeie nuus op sy Twitter- en Facebook-blaaie gedeel.

“Sy sit dag en nag voor die boeke, maar ek is baie trots op haar,” het Kurt verlede jaar aan SARIE.com gesê.

Kurt se nuwe musiekvideo

Intussen begin Kurt die naweek met konserte in Brittanje en Amsterdam nadat hy die afgelope twee weke op ’n konserttoer deur Amerika was. Hier is foto’s wat Kurt en Dunay, wat saam met haar man reis, van hul toer gedeel het.

Universal Orlando-oord FOTO: Twitter

Universal Orlando-oord
FOTO: Twitter

Klik hier om nog foto’s te sien