Het jy gehoor?

Kwêla en Dagbreek-aanbieder Rozanne is swanger!

 

Rozanne McKenzie het vandag bekendgemaak dat sy en haar man, Chris Bishop, hul eersteling in April volgende jaar gaan verwelkom!

 

Dié paartjie is in Januarie in Engeland getroud (Chris is oorspronklik van Brittanje) en het hul wittebrood-foto’s met SARIE.com gedeel. Kyk na dié foto’s hier!

 

Rozanne McKenzie

 

 

Rozanne het vroeër aan SARIE.com vertel dat hulle mekaar goed aanvul. “Ons ken mekaar so goed en ons het elkeen ’n rol wat ons in ons verhouding speel. Chris laat my altyd beter voel as ek stres oor goed, en ek kán stres! Hy maak my rustig en ek vul hom weer op ander maniere aan.”

Baie geluk julle!