Het jy gehoor?

Corine du Toit en Heinz Winckler wys hul nuwe haarstyle

 

Corine oor haar dapper stap:

“Dis lente en tyd om iets nuuts te probeer. Boonop kan ek soggens 40 minute langer in die bed bly, want ek hoef nie met dié styl my hare droog te blaas nie. Desmond is een van die beste haarkappers in Suid-Afrika, en ek moet sê, ek voel ʼn bietjie meer soos myself. Ek voel meer cheeky.

Die pixie-haarstyl is beslis nie vir almal nie, maar Corine mág dit maar dra. Dit beklemtoon haar potblou oë en pas boonop perfek by haar gesigvorm.

Heinz het ook die week sy hare laat sny, en dit by dieselfde haarkapper nogal.

En wie is die man wat so met die celebs se hare toor?
Dis Desmond Roux van Clarks @ The Slope in Fourways.

 

 

 

  • Silvi

    Wanneer kan ons wat nie bekendes is ook n beurt kry vir die verandering? Ek sal wat wil gee vir so treat! Jy lyk pragtig Corine. Lyk so koel en vars vir die somer maande.