FOTO: Instagram @latelateshow

FOTO: Instagram @latelateshow

Het jy gehoor?

‘Carpool Karaoke’ – die 6 bestes

Die konsep: Britse komediant James Corden ry in ’n motor met sangers as passasiers en hulle sing. Dit klink nogal vreemd. Maar wag totdat jy “Carpool Karaoke” sién!

Dit is ’n weeklikse insetsel op James se laatnag-geselsprogram, The Late Late Show with James Corden (beskikbaar op ShowMax), en wanneer dit eers YouTube bereik, kyk en lag miljoene mense saam.

“Carpool Karaoke” begin met James wat werk toe ry terwyl hy reeds laat is, of aan’t verdwaal is. Om hom te help laai hy groot sterre soos Adele, Justin Bieber, Jennifer Lopez en Elton John op. Dan begin die gesels en die singery.

Dié week is Gwen Stefani in die voorste passasiersitplek, en George Clooney en Julia Roberts ry ook saam. Kyk gerus, 15 miljoen mense het al!

Kyk ook

Jennifer Lopez

Adele

Chris Martin

One Direction

Mariah Carey

Lees ook

EKSKLUSIEF: Jo groet 7de Laan

Ons Vrydaglysie: Kan jy nog dié temaliedjies saamsing?

Elon Musk se ma op 68 model