FOTO Twitter @ english_iq

FOTO Twitter @ english_iq

Het jy gehoor?

Kyk die koninklike #selfie!

Dié bouer weet hoe om ’n geleentheid te benut! Die internet gons behoorlik nadat Sam Wayne ’n selfie van homself en die hertog en hertogin van Cambridge, prins William en Kate Middleton, op sosiale media gedeel het. 

William en Kate het ’n ontwikkelingsterrein vir behuising in Cornwall besoek toe Sam, een van die bouers, ’n selfie neem met die giggelende paartjie op die agtergrond. Maar dit is nie sy eerste koninklike selfie nie! Twee jaar gelede het hy ’n byna identiese foto saam met William se pa geneem toe prins Charles ’n soortgelyke bouterrein besoek het.

Ons wonder watter koninklike gaan Sam volgende op kamera vasvang!

Lees nou

Michelle Obama red dié keer die president

Bekende paartjie speel nou saam in sepie

Hollywood gaan La La oor Emma en Ryan