vir altyd
Het jy gehoor?

KYK DIT NOU: Vir Altyd-lusmaker

Uiteindelik kan ons vir julle ’n lusmaker van Vir Altyd wys!

Die rolprent gaan oor Nina (Donnalee Roberts) en Hugo (Ivan Botha) wat as kinders beste maats was en ná baie jare weer ontmoet wanneer Hugo, ’n reisfotograaf, terugkeer na sy ouershuis in die Paarl, onwetend dat Nina die volgende dag trou.

Onverwags word Hugo deel van Nina se groot dag, maar wanneer Nina se verloofde nie die groot stap kan neem nie, besluit sy om steeds haar gaste te onthaal en hou hulle lekker partytjie –  met baie sjampanje.

As sy weer sien sit sy en Hugo op ’n vliegtuip op pad Mauritius toe, die tropiese eiland van liefde …

Kyk hier na die lusmaker

Vir Altyd sal op 12 Februarie 2016 landwyd begin draai en SARIE tree as trotse mediavennoot op.

Lees ook