FOTO: Gallo Images / Getty Images / Andrew Toth / FilmMagic

FOTO: Gallo Images / Getty Images / Andrew Toth / FilmMagic

Het jy gehoor?

KYK: Emma Watson gesels met Nobelprys-wenner Malala Yousafzai

Die bekende aktrise Emma Watson (25) gesels in dié inspirerende onderhoud met die wenner van verlede jaar se Nobelprys vir Vrede, Malala Yousafzai (18), oor haar veldtog om opvoeding vir kinders te bevorder.

Die onderhoud het by die bekendstelling van He called me Malala, die fliek oor Malala se lewensverhaal, by die Into Filmfees in Engeland plaasgevind. Emma, self ’n kampvegter vir geslagsgelykheid en betrokke by projekte van die Verenigde Nasies, is oorweldig deur Malala se menslikheid.

Hulle het gesels oor die Malala-stigting, wat beoog om vir 66 miljoen meisies toegang tot opvoeding te gee en wat geslagsgelykheid wil bevorder in gelowe waar dit vir vroue ongewoon is om op te staan vir hul regte.

Emma is vroeër vanjaar as een van Time se 100 invloedrykste mense aangewys en Malala sê een van haar aanhalings het haar geïnspireer om openlik te sê sy is ’n feminis. Sy glo die negatiewe konnotasie aan dié woord is omdat mense dit nie reg verstaan nie.

Die aanhaling van Emma is:

If not now, when? If not me, who?”

Kyk die onderhoud hier:

Lees ook