Het jy gehoor?

NUWE VIDEO: Joshua na die Reën se nuutste musiekvideo

Die gewilde Afrikaanse sanger Joshua na die Reën se nuwe musiekvideo is bekend gestel

Kyk en luister na “Die wêreld binne my” hier:

Joshua het verlede jaar met ons oor sy tweede album, ook Die wêreld binne my, gepraat. Hy sê:

Anders as die eerste CD, wat meestal gegaan het oor hoop en droom, is Die wêreld binne my se liedjies meer persoonlik en handel dit oor die wêreld binne elkeen wat daarna luister.”

“Oor die heuwels en berge, die stof en sterre, die droef en tye wat dit voel of alles stroomop is, die tye waar ’n mens droom en dan ook die mooi in dit alles … die goeie sowel as slegte tye.”

Die genre is egter steeds stadium rock, vertel hy, soos met die vorige album.

“Die tema vir die nuwe album draai al in my kop sedert ons die eerste een voltooi het; dat daar in ons elkeen ’n wêreld is wat niemand ooit sal verstaan nie. Ons doel is byna om mekaar stadig maar seker toe te laat in ons wêreld, sodat ons op ’n plek kan kom waar ons ’n waardevolle pad met mekaar kan stap. Ek is geïnspireer deur beelde uit die natuur, mense se stories en die dag toe ek besef het dat die moeilike dinge in jou lewe soms die grootste geskenk is – as jy besluit om dit te koester en iets daaruit te leer – andersins word dit jou grootste vyand en sal dit jou om elke hoek en draai inwag.”

Klein Anán

Joshua na die Reën en sy vrou, Danél, is ook die ouers van klein Anán. Kyk net die mooi foto’s van dié pragtige gesin:

 

So rukkie terug in Nederland saam met @aardskind @lizandrawinter @annadavel 🙂 ai….kom ons gaan weer

A photo posted by Joshua na die Reën (@joshuanadiereen) on

Lees nou

Lady Gaga skitter by Super Bowl

4 interessante nuusstories vir 6 Februarie 2017

Marciel: Moenie jou vlees jou vyand maak nie!