Het jy gehoor?

Kyk hier! Oulike video van Michelle Obama

Die Amerikaanse presidentsvrou, Michelle Obama, is ’n gunsteling onder internetverbruikers omdat sy gereeld instem om in snaakse video’s te wees. En nou het sy weer die harte van YouTube-kykers gesteel.

Dié nuwe video is deel van Michelle se projek om mense aan te spoor om gesonder te eet. Terwyl gewilde basketspelers gesels oor die voordele van ’n gesonde dieet, verskyn Michelle in die agtergrond en gooi ’n basketbal in die doel. Dit lyk nie of dít beplan was nie, want almal begin net daarna lag.

Die video het blitsvinnig op die internet versprei – byna soos Michelle se dansvideo wat al meer as 16 miljoen keer gekyk is. Kyk dié dansvideo hier.

Foto’s van Michelle se 50ste verjaarsdag

Michelle se 50ste verjaarsdagpartytjie was omtrent ’n geleentheid! Onder die bekende gaste was die sangers Stevie Wonder, John Legend en Beyoncé, wat almal ook opgetree het.

Hoewel Michelle vir die sowat 500 gaste gevra het om nie foto’s van dié geleentheid te deel nie, het Beyoncé foto’s van haar en haar dogtertjie, Blue Ivy, in die Withuis op haar Tumblr-blad gedeel.

FOTO: Tumblr iam.beyonce.com

FOTO: Tumblr iam.beyonce.com

FOTO: Tumblr @iam.beyonce.com

FOTO: Tumblr @iam.beyonce.com

Lees meer hier oor die Obama-gesin se geliefde hond