FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

FOTO: Christina Aguilera se babamaag

Christina Aguilera het dié naweek ’n prettige foto op Twitter gedeel om haar groeiende babamagie te wys.

Dié foto van Christina in ’n noupassende blou rok wys hoe ver sy al in haar swangerskap is. Die sangeres het in Maart, ná weke se gerugte, bevestig dat sy swanger is, en ook sommer dat sy en Matthew Rutler ’n dogtertjie verwag.

Dié sangeres is reeds die ma van 6-jarige Max uit haar huwelik met die musiekvervaardiger Jordan Bratman. Hulle is sowat 3 jaar gelede geskei. Sy en Matthew het in Februarie vanjaar verloof geraak – kyk hier hoe dié paartjie verloof geraak het.

Christina met Max net na sy geborote

Christina met Max net ná sy geborote

Chirstina en verloofde Matthew is baie opgewonde oor die kleinding wat binnekort hier gaan wees. Volgens Daily Mail het dié 33-jarige sangeres vir eers haar verpligtinge as The Voice-beoordelaar opsy geskuif om op haar swangerskap en gesin te fokus.

Bronne: CelebuzzDaily Mail

Nóg celeb-nuus op SARIE.com