FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

FOTO: Kyk hoe lyk Anne Hathaway se bababoep

Anne Hathaway is mooier as ooit! Die bekroonde aktrise het vir die eerste keer ’n foto van haar swangerskapsmagie op haar sosiale media gedeel.


Stralend in ’n rooi bikini het die hoogswanger Anne sommer ook vir haar Instagram-aanhangers goeie wense vir die nuwe jaar gestuur. Anne erken so ’n boepie-foto is ’n eerste vir haar, maar sy kon dit nie weerstaan toe sy sien haar man, Adam Shulman, probeer ’n steelfoto van haar neem nie.

Anne verwag haar eerste pienkvoet.

“As so ’n foto moet verskyn, kan dit ten minste ’n foto wees wat my gelukkig maak en waartoe ek ingestem het. Ek wens julle liefde, lig en voorspoed vir die nuwe jaar,” het die Oscar-wenner op Instagram geskryf.

Maar Anne wil nie meer oor die geslag van die baba uitwei nie.

Lees nou