susan_boyle
Het jy gehoor?

Susan Boyle – kyk hoe lyk ek nou!

Die media-druk was oorweldigend, en Boyle het erken dat dit nie ‘n maklike pad tot hier was nie. Ten spyte van haar bekendheid is daar ‘n paar goed wat sy steeds nie doen nie – sy gaan nie met vakansie nie. Sy’s ook nie mal oor mode en gourmet-kos nie. Sy’s nie getroud met kinders nie, en het nog nie die wêreld gesien nie.

“Ek doen dit nie vir die geld nie, ek doen dit om mense te vermaak. Ek sing om mense gelukkig te maak.” (Bron: www.harpersbazaar.com)

Harper’s Bazaar het haar ‘n mooimaaksessie gegee, en kyk net hier!

Lees ‘n eksklusiewe onderhoud met haar en kyk na die video toe dié foto’s geneem is.

  • Judith Vermeulen

    Wow, sy lyk stunning. Toe sy aanvanklik op die verhoog met die heel 1ste optrede van haar verskyn het, het die hele gehoor en beoordelaars se gesigte duidelik gewys, wat de hel het ons hier. Soos dit maar altyd is met iemand wat nie volgens ons mening in ons classy prentjie inpas nie. Maar mens kon duidelik sien hoe hulle gesigte hul verbasing weergee toe sy begin sing het. Wat net weereens wys mens moenie iemand op sy voorkoms takseer en beoordeel nie. Jy moet na die mens binne-in kyk.

  • Louise Adams

    Dis so waar. Moenie iemand op sy voorkoms takseer nie…

  • Christelle van Staden

    Sy lyk ongelooflik – kan nie glo dis dieselfde persoon nie!

  • Yvette

    Stunning!

  • Ina Beuken

    Sjoe, sy lyk ongelooflik!!

  • Christina

    Sy lyk ongelooflik! Sarie neem nou ASB vir Caster ook op ‘n mooimaak sessie en vra iemand om vir haar oorbelle te skenk!

  • Heila

    Susan Boyle lyk pragtig – was eintlik nog al die tyd! Het net n haal van n towerstaf gekort en nou is sy voorwaar ongelooflik mooi…

  • Mariette

    Sy lyk pragtig! Sal nooit se dit is dieselfde persoon nie!