Het jy gehoor?

Só maak Charlene reg vir haar troue

Die 2 ure vóór haar burgerlike troue met Prins Albert van Monaco was gevul met opwinding toe Vogue dié eksklusiewe foto’s van haar en haar naaste vriendinne aan die gereedmaak in die Hermitage Hotel in Monte Carlo geskiet het. Daar is sjampanje gedrink en gegiggel, amper soos met ‘n oorslaappartytjie.

“Dis so mooi dag en die hele land is baie opgewonde,” het Charlene aan Vogue gesê.

Oor haar uitrusting wat sy saam met Chanel-ontwerper, Karl Lagerfeld,  ontwerp het, het sy gesê: “Ons het die kleur gekies om by my oë te pas. Dit is vroulik en pas by die tradisies van burgerlike seremonies.” Dit sal waarskynlik van nou af as ‘Charlene Blue’ bekend staan.

Haar hare is deur stilis, Stephan Alban, gedoen en Pablo Ardizzone het haar grimering gedoen.

Charlene het selfs kommentaar gelewer oor die gerugte wat die rondte doen dat prins Albert nóg buite-egtelike kinders het. “Ek was vir 15 jaar lank ’n kompeterende swemmer. Elke oggend het ek opgestaan en in ’n yskoue swembad geduik, hierdie situasie is nie vir my meer van ’n uitdaging as dit nie.”

Sy het verder gegaan deur te sê dit is jammer dat die stories juis die week van die troue moes uitkom. Maar sy besef dit is mense wat hierdie gelukkige dag vir haar en prins Albert wil bederf.  

Klik hier vir nog foto’s deur Vogue.

  • Denise barnardo

    Ek stem saam met Charlene, hoekom wil vrouens gaan le soos ‘n matras, met die doel om die persoon tevang. Ek kan nie verstaan dat in hierdie moderne eeu, vrouens so nalatig en simpel kan wees om te dink dat as hulle hul liggaam vir ‘n man gee hy gaan met haar trou. Dit het seker gewerk in die middel eeue.
    Mense los nou vir Charlene en Albert sodat hulle kan aangaan met hul lewens. Kyk wat het gebeur met Dianna en Charles, en dit was als te doen met geen repek vir ‘n ander se privaatheid.

    Princess Charlene and Prince Albert may you have a wonderful blessed happy marraige, and may the Princess be blessed with the family she wants. May Prince Albert make this fairy tale a reality.

  • Susanna van Zyl

    N feeverhaal hou alle vroue se drome aan die gang!!! Lank lewe die liefde!!!!! Die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, reken die kwaad nie toe nie!!! Tree christelik op en seen eerder as vervloek!!! More kry jy dalk dieselfde seen nodig. Hoe groen is die koring op jpu land?!!!. Mag die Vader van liefde se Naam geheilig word!!!

  • adri van zyl

    Heel waarskynlik was die kwaadstoker nie na die troue genooi nie maar het sy darem die koerante se skinder blad gehaal

  • Mechelle

    Dit is ‘n jammerte sy het so sad gelyk op die mooi dag. Ek hoop en wens hul als wat mooi is toe! Maar moet nie toe oe deur die lewe gaan nie.

  • Adri

    Ek hoop regtig hulle is baie gelukkig. Hoekom moet altyd negatiewe kommentaar gelewer word?
    Ek dink hulle is baie lief vir mekaar. Hy het haar dan kort-kort gevra " Are your okay". Sy het hom met liefde in haar oe aangekyk. Nee wat die doem profete moet maar gaan slaap. Dit is al wat hulle in elke geval reg kan doen en dit is slaap. Of ek is net hopeloos ‘n romantikus.

  • A Gobbelaar

    Kyk na al haar ander fotos, voor Prins Albert ook, sy lyk dieselfde. Ek dink nie sy was ongelukkig nie. Sy was net soos altyd, en soos enige ander bruid.

  • Ina du Toit

    Charlene ek wens vir jou en Albert alles van die beste toe. Moenie dat negatiewe dinge jou huwelik onder kry nie. Glo en vertrou en die Here sal jou bystaan en jy moet nouby Albert staan en hy moet by jou staan. Baie sterkte en baie geluk jy het pragtig gelyk.

  • Margariet

    Soms maak die pers my net siek met hul gejag na sensasie, Charlene, Joost, ens, ens. Hulle kyk verby dit wat mooi is en soek na iets wat hulle as negatief kan afmaak. Hulle sien net die trane raak, maar kyk verby die sagte glimlaggies en ‘n hand wat liggies aanraak. Alle verhoudings en huwelike of dit nou ‘n hoë profiel of jan alleman is word met situasies getroef en beproef. Dit is hoe ons daaruitkom wat belangrik is. Liefde, geloof en respek… Charlene het pragtig gelyk en blyk ‘n lieflike sterk vrou te wees. Wat is ‘n paar trane nou, ons mag emosie betoon of dit nou trane van geluk of hartseer is. Mag hul ‘n lang en geseënde huwelik hê.

  • WENDY

    ja denise ek stem saam met jou maar dit gee nie n man die reg ook om met elke vrou te gaan slaap en seks te he nie omdat hy n prins is het hy dan nie respek vir homself nie ,ek wens hulle ook die beste princess charlene en prins albert ek wens julle net die beste toe ,,,,,,,,,,,,

  • Ronel

    Mamma ek wil ‘n man he, watter man my liewe kind, wil jy dan ‘n Fransman he, NEE MAMMA NEE.!!!!!

  • KEB

    Charlene moet vergeet van die verlede en haar nuwe lewe begin saam met haar prins. As ek sy was sou ek baie versigtig gewees het vir die twee susters. Hulle het redelik giftig gelyk op die troue. Die oomblik as Charlene ‘n kind kry, val Caroline se kinders deur die mat om eendag die troon opvolger te word. Ek dink Caroline wou nie gehad het dat haar broer Albert trou nie. Jaloesie is ‘n baie sterk emosie.

  • Deirdre

    Ek weet nie so lekker nie. Mens kon duidelik op die troue sien daar is soveel hartseer en onsekerheid in haar oe. Hoekom iemand dwing om te bly as sy dalk nie wou bly nie. Nou moet sy deur die hel gaan en ongelukkig wees (as die stories waar is) en met ‘n ongelukkige huwelik sit wat elk geval op die einde op die rotse gaan wees. Wens hulle alle voorspeod en geluk toe en hoop hulle kan alles agter die rug sit en gelukkig wees.

  • Elmarie

    Vir MY het sy serene en fantasties gelyk op die kerkttroufoto’s. Almal wat s? sy eht hartseer gelyk – eks tem nie saam nie. Gaan google gerus foto’s van die burgerlike troue as

    Vir MY het sy leiflik en sereen gelyk. Mense se nou sy het so hartseer gelyk. Inteendeel: Charlene is 33 en nie meer ‘n uitgelate jong bruid nie; die Franse is van nature terughoudend en ek dink met die godsdienstige seremonie wou sy maar net inval by die erns daarvan. Op die burgerlike troue en die rock konsert vooraf het sy baie gelukkiger geglimlag en die lyftaal op die burgerlike troue het ‘n ander storie vertel – hulle het gelukkig gelyk! Die wat sy wel in die kapelletjie gehuil het waar sy haar ruiker neergele het – wel, met al die vooraf stres en geskinder en die grootsheid van die oomblik sou ek OOK huil. Ek probeer die positiewe sien en ek hoop en glo hul sal baie baie gelukkig wees. Sy het SO mooi gelyk en ek wens hulle ‘n lang gelukkige lewe saam toe!

  • Elmarie

    Oeps! Verskoon my typos! Die koue maak dat mens baie verkeerd tik – die vingers WIL nie doenw at die brein se nie!

  • Poplap

    Ek hoop net sy dring aan op n vigstoets as sy met n man uithang wat rondslaap. Anders is sy ook maar n pampoen. Wie trou met so n man? O ja wag, hys n prins en n gazoeljoener.

  • Linda

    Hi Deirdre

    Caroline en Stephanie se kinders kan nie troonopvolgers word nie en so ook nie Abert se buite-egtelike kinders nie. Slegs Albert se seun wat binne die huwelik gebore word, kan Albert opvolg anders word Monaco weer deel van Frankryk wanneer Albert sou sterf.

  • Mart

    Ek stem saam, los hulle in vrede, geniet die sprokie, mense kan sprokies verongeluk!

  • Anna-Marie Barnard

    Ek dink charlene is gebore om prinses te wees….sy het ook sprokiesmooi gelyk, en boonop het ons nou ons eie prinses waarmee ons kan spog…die mooiste!!! Sy sal haar verpligtinge met waardigheid hanteer. Los haar asb. al die ou bitterbekke!

  • Ria

    Charlene het pragtig gelyk. Dit is net vir my jammer dat mense slegte aanmerkings moet maak oor ander. Sies tog, dit is maar hoe die Afrikaner is. Los my uit, solank ek net ander kan slegmaak. Charlene en Prins Albert se huweliks sake is hul eie.

  • Mariana

    Ek dink soms ek het my die omgee verbeel in die seremonie, Wat is besig om te word as mense nie ander mense hulle keuses kan gun nie. Aan die einde van die dag is dit ‘n saal tussen hulle en basta met ons

  • Me-Jeanne

    Ek is baie trots op Charlene. Daar is nogal trekke van Grace Kelly ook, so reg uit Vogue megazine

  • Rika

    Ek het die troue van kate en William gekyk en ook die van Charlene- ek het nog nooit openlike hartseer so duidelik gesien as die in Charlene se oe nie. My hart gaan uit na haar toe want sy is onsettent lief vir Albert…ek was ook in so situasie.

  • Elmarie

    Statig. Dis wat sy is. Nie laf en giggelrig maar aangepas by die ernstige pligte wat sy nou gaan he.Kyk maar na Caroline en Princes Grace se troufotos – lyk ook nie laf en laggerig want hulle het die erns van die seremonie en hul pligte ingesien. Her Serene Highness Princess Charlene de Monaco – titel se alles en pas perfek.

  • Neels

    Ek voel baie trots dat ons in hierdie land mense van integriteit het soos prinses Charlene en dat sy bereid was om pad te gee ten spyte van die prag en praal wat op haar gewag het. Ek sal bid dat die Vader haar huwelik in die holte van sy hand sal hou, en dat ALLE agterdog uit die weg geruim sal word sodat Charlene ook geluk kan ervaar.

  • Gerda

    Sy was ongelooflik beeldskoon op haar groot dag. Mag hulle baie, baie gelukkig wees. Al sou daar waarheid in die gerugte blyk te wees, bly dit hulle saak en ek vertrou hulle sal toekomstige probleme uitpluis op hul eie manier. Ek wens hulle net die allerbeste toe.

  • Magdalena

    Ek verstom my oor al die support vir Albert veral, en hoe goed almal hom praat. As die berigte waar is, blyk dit dat Suid Afrikaanse vrouens, veral Afrikaanse vrouens, n klomp victims is. As die man n ander vrou swanger gemaak het tydens sy verlowing en beplande troue met n ander vrou, is hy n vark. Punt. Hy stel haar bloot aan siektes. En vernedering. Met hoeveel ander vrouens slaap hy dus as een swanger raak en hoeveel keer? Hy is n owerspeler en verneker. En dan se julle almal, ag hoe jimmels, een van ons is n prinses, en laat hulle hulle lewe leef en ons hoop hulle is sooo gelukkig… Hulle leef in die openbare oog, mense gaan kommentaar lewer, en dis vir my ontstellend dat sy die man getrou het. Hoe kon sy? Het een van julle al met so n man saam geleef? Dis hel. Die druk op haar was klaarblyklik enorm, en sulke soetsappige, sotlike opmerkings soos julle sin maak my naar. Die arme vrou.

  • Jenni

    Sy is sooo pragtig…..Dit is baie hartseer dat daar net voor haar groot dag stories vn "manlief" moet uitkom, maar dit is nie vir enige van ons om te bespiegel nie…Hulle sal as man en vrou hierdie situasie hanteer…So trots om te dink sy praat Afrikaans soos ek !!!
    Mag hulle huwelik geseënd wees….Net die mooiste mooi is my wense vir hulle
    Geniet die tydjie hier is Sonnige Suid Afrika al is dit winter

  • Magdalena

    en aan Ria: dis nie n Afrikaner ding nie nee. Die berigte kom uit Frankryk uit. Ons reageer net daarop. Geen Afrikaner het dit uitgedink nie. Sal jy jou dogter met so n man laat trou? Een wat nie n prins is nie en nie ryk is nie? Maar wat n ander vrou swanger loop maak terwyl hy op trou staan met jou dogter…?? I dont think so. Indien jou antwoord ja was, kry ek jou bitter jammer en is dit tyd om jou standaarde te herevalueer.