FOTO Instagram / @Kittyspencer

FOTO Instagram / @Kittyspencer

Het jy gehoor?

Kitty Spencer trek na prinses Diana

Op ’n paar foto’s is daar trekke na die ontslape prinses Diana. Miskien is dit die oë. Maar Kitty Spencer, oudste dogter van Diana se broer, Charles Spencer, is nes enige ander 25-jarige. En die herinneringe wat sy van prinses Diana het, is kosbaar.

Kitty het tot onlangs in Kaapstad gewoon saam met haar ma, Victoria Aitken, maar nou het sy die Moederstad vir Londen verruil. Haar ouers is in 1997 geskei.

“Suid-Afrika was ’n wonderlike land om in te woon en groot te word, maar nou is ek reg vir ’n groter stad. Met my familie wat hier in Londen woon, het ek nog altyd sterk bande met die stad gehad. Die besluit om hierheen te verhuis was die volgende logiese stap. Ek het nog altyd geweet dat ek dié besluit sou neem,” het Kitty in ’n onderhoud aan Vanity Fair.

FOTO Twitter

Sy het tot nou toe haar tyd tussen Suid-Afrika en Engeland verdeel om tyd met sowel haar ma as haar pa deur te bring.

Toe Kitty saam met haar ouers na Suid-Afrika verhuis het, was sy net vier jaar oud. En hoewel sy nie baie tyd saam met die oorlede prinses Diana bestee het nie, is die herinneringe wat sy wel het, vir haar kosbaar.

“Ek was baie jonk toe sy gesterf het, maar ek koester die spesiale en gelukkige herinneringe wat ek van haar het.”

FOTO Twitter

FOTO Twitter

Kitty het haar meerstersgraad in handelsmerkbestuur verwerf en fokus deesdae op liefdadigheidswerk. Sy is onlangs aangewys as die ambassadeur vir Centrepoint, ’n organisasie wat hawelose jongmense ondersteun.

Bron: Vanity Fair

Lees nou:

Verlief, verloof, dié bekendes gaan trou

Dogter van bekende SA groep in voorste ry by New Yorkse Modeweek

Prinses Charlotte se eerste toer