Justin Bieber2
Het jy gehoor?

KYK: Justin Bieber se nuutste musiekvideo, ‘Where Are Ü Now’

Die pop-sensasie Justin Bieber het pas sy nuwe musiekvideo van die treffer “Where Are Ü Now” bekendgestel. 

In dié video word Justin in honderde graffiti-sketse gesien wat oor die skerm flits. Die sketse is deur aanhangers in die Los Angeles galery geteken.

Naderhand is sy hele lyf en gesig vol ‘druppende verf’ terwyl hy op die polsende musiek dans.

Daar word bespiegel dat die liedjie oor die verbrokkeling van sy verhouding met die sangeres Selena Gomez gaan.

Die nuwe video is in samewerking met DJ duo Jack Ü gemaak.

Kyk die video hier

Lees ook