Kate Bosworth FOTO: Instagram @harryjoshhair

Het jy gehoor?

FOTO: Kate Bosworth se nuwe bob

Hier is net weer ’n bewys: die bob is dié haarstyl – ook in 2015. Die aktrise Kate Bosworth het talle bekendes se voorbeeld gevolg en ook haar lang hare korter gesny.

Verby is die dae van Kate Bosworth se golwende lokke op die rooi tapyt – vir eers. Want dié seisoen dra sy ’n bob. Sy het by die Hollywood-haarstilis Harry Josh gaan aanklop om die styl te kry, berig People.

Maar vir die Blue Crush-aktrise was dit nie bloot ’n skoonheidsbesluit nie. Sy moes ook korter hare hê vir haar rol in die komende fliek, 90 Minutes in Heaven.

A photo posted by Kate Bosworth (@katebosworth) on

 

Voor Kate dié foto’s van haar nuwe haarstyl gedeel het, het haar haarstilis, Harry Josh (wat ook verantwoordelik is vir onder meer Gisele Bündchen se hare), eers sy aanhangers laat wonder oor wie dié keer hierdie gewilde haarstyl gekry het.

Hy skryf by dat hy ’n voet (sowat 30 cm) hare afgesny het.

Kate se man, Michael Polish, is die regisseur van 90 Minutes in Heaven. Die rolprent is gebaseer op die lewensverhaal van die predikant Don Piper. Dié man beweer dat hy ná ’n motorongeluk die hemel ervaar het. Dokters kon hom eers ná 3 uur weer bybring. Die Star Wars-akteur Hayden Christensen gaan glo ook in hierdie rolprent speel, sê PR Newswire.

Bronne: PR NewswirePeople

Lees nou