Het jy gehoor?

Kyk Kim Kardashian se nuwe haarstyl

Sy blog dat dit vier uur geneem het om haar hare so te kry! Die nuwe haarstyl is vir Kim se eerste musiekvideo, Turn It Up.

“Hype Williams came up with this Bo Derek braids look for the music video and I loved it!” Haar debuut-musiekvideo word vir die eerste keer Sondag uitgesaai op die TV-realiteitsprogram Kourtney and Kim Take New York. Dit sal ook op iTunes beskikbaar wees. Kim sê 50% van die liedjie se wins word aan ‘n kanker-organisasie geskenk omdat sy en The-Dream (die verhoognaam van die sanger Terius Youngdell Nash, wat ook die vervaardiger van Turn It Up is) al elkeen ’n ouer aan kanker afgestaan het.

Kim sê op haar blog: “Dit was ‘n prettige ondervinding. Dit was so lekker om ’n slag iets buite my gemaksone te doen en ek stel voor dat julle dieselfde doen in 2011.”

Gaan kyk op Kim se blog vir nog foto’s van haar haarstyl.

  • Minette Burger

    Interessant maar ou nuus, het iets meer drasties verwag!

  • Elma

    Toe ek jonger was wou ek ook bitter graag my hare so gedra het. Dit is vir my stunning.