FOTO Hanri Human

FOTO Hanri Human

Het jy gehoor?

Kyk Nadia en David se troufoto’s HIER!

Een van Suid-Afrika se gunsteling-aktrises, Nadia Beukes, het op 10 September met die projekbestuurder David de Villiers getrou op Wakkerstroom in Mpumalanga.

En vir hul wittebrood het die paartjie die pragtige Italië besoek. SARIE het die naweek van hul troue saam met Nadia en David op Wakkerstroom gekuier en wys die troufoto’s eksklusief in ons November-uitgawe.

Dit was ’n sprokiestroue en hulle was omring deur familie en vriende.

Kyk die foto’s hier:

_HHF5300

Nadia het dié oulike kamerjas gedra terwyl haar hare en grimering gedoen is. FOTO Hanri Human

_HHF5328

Ontwerper Diaan Daniels kyk dat die rok van sagte chantilly-kant perfek sit voor sy by die kerk instap. Dit het drie maande geneem om die fyn kristalle op die bo-laag met die hand vas te werk. Die kunspels-manteltjie wat op van die ander foto’s gesien kan word, is inderhaas aangeskaf nadat dit skielik koud geword het. FOTO Hanri Human

_HHF5350

Die rok se agterkant van deursigtige tulle en Franse kant. FOTO Hanri Human

_HHF4691

Voor die kansel het sy dié fyn, ivoorkleurige sandale met ’n hoë hak gedra. Dit is later die aand verruil vir plat skoene op die dansbaan. FOTO Hanri Human

_HHF5409

FOTO Hanri Human

_HHF5655

Nadia se keuse van parfuum was Christian Dior se J’Adore. FOTO Hanri Human

_HHF5642

Nadia se blommemeisie was strooimeisie Ansua Steyn-Ahlstrom se dogtertjie Charlotte-Anne (3). FOTO Hanri Human

_HHF5582

Nadia saam met die sanggroep Dinamiese Dames, wat in die kerk gesing het. Van links Melissa Bam, strooimeisie Soné Combrinck, aktrise Marissa Drummond en Edrien Erasmus. Nadia is self deel van die sanggroep. FOTO Hanri Human

_HHF5535

’n Stralende Nadia by haar ma, Eureke Beukes. FOTO Hanri Human

_DSC7771

Die troukar was ’n 1947 Citroen L15, wat aan David se pa, Dawie, behoort. FOTO Hanri Human

_HHF5749

Nadia se pa, die akteur en sanger Rouel Beukes, gee haar af. Hy het ook later die “Onse Vader” in die kerk gesing. FOTO Hanri Human

_HHF5703

David en sy gevolg: van links is Ockie Oosthuizen, Xan Myburgh en Isak Vorster. FOTO Hanri Human

_HHF5806

David en Nadia luister aandagtig na die predikant voor hulle mekaar die jawoord gee. FOTO Hanri Human

_HHF4919

Albei se troupande is van platinum. Nadia s’n bevat 28 klein ronde diamante. Haar verloofring van platinum het ook ’n ronde diamant van 1 karaat en twee kleiner diamante. FOTO Hanri Human

_HHF5901

Die eerste soen as Mnr. en Mev. De Villiers! FOTO Hanri Human

_HHF5947

Buite die kerk op Wakkerstroom. Dit was die eerste NG kerk wat destyds in die ou Transvaal gebou is. FOTO Hanri Human

_HHF6066

David en Nadia met hul gevolg. Van links is Xan Myburgh, Isak Vorster, Ockie Oosthuizen, die bruidegom en bruid, Soné Combrinck, Ansua Steyn-Ahlstrom en Jennis Williamson. FOTO Hanri Human

_HHF6246

FOTO Hanri Human

_HHF6286

Bergblommetjies, wasblomme en fynbos het gepronk in Nadia se pragtige, romantiese ruiker. FOTO Hanri Human

_HHF6351

FOTO Hanri Human

_HHF6426

Pasgetroud en dolgelukkig! FOTO Hanri Human

_HHF5183

Nadia en David het dadelik van die gesofistikeerde maar ontspanne Bezalel, die onthaalplek, gehou toe hulle dit die eerste keer sien. Die naam beteken “in God se skadu”. FOTO Hanri Human

_HHF5168

Elke gas het ’n bagasie-etiket van leer gekry, met die woorde “adventure awaits” daarop. Op die tafels was orgideë en daar is selfs bome van Johannesburg gebring om die onthaalplek ’n warm, romantiese atmosfeer te gee. FOTO Hanri Human

_HHF6464

Omroeper/aanbieder Johrné van Huyssteen van Groot FM was die seremoniemeester. FOTO Hanri Human

_HHF6519

David en Nadia saam met hul nabye familie. Langs Nadia is haar pa en ma, Rouel en Eureke Beukes, en langs David is sy ouers, Annette en Dawie de Villiers. Agter van links is Nadia se broer en skoonsus, De Villiers en Elizma Beukes, en David se suster en swaer, Minette en Andries Cilliers. FOTO Hanri Human

_HHF6657

SARIE se styl- en sosiale redakteur, Fanie Cronjé, saam met die troufotograaf, Hanri Human.

_HHF6732

Die monogram op die dansvloer is spesiaal deur David se suster, Minette Cilliers, ontwerp. FOTO Hanri Human

_DSC8221

Ook die openingsdans op die maat van Ed Sheeran se liedjie “Kiss Me” is vooraf in die fynste besonderhede beplan en geoefen. FOTO Hanri Human

_HHF6899

Flits-aanbieder Rozanne Bishop was ook daar. FOTO Hanri Human

_HHF6955

David en sy ma, Annette, op die dansbaan. FOTO Hanri Human

_HHF7038

Die troupaar en hul gaste het nog tot byna drieuur die oggend lekker gedans en gekuier. FOTO Hanri Human

_HHF7133

Gaste kon heerlik aan kolwyntjies eerder as ’n groot troukoek smul. Maar daar was darem ook ’n groter koek wat die paartjie kon sny om by die tradisie te hou. Dié koek het spesiaal gemaakte houtbeeldjies van Nadia, David en hul twee hondjies bo-op gehad. FOTO Hanri Human

_HHF7148

Nadia en David kyk na die vuurwerkvertoning waarmee die gaste verras is. FOTO Hanri Human

_HHF7141

Nadia en David kyk na die vuurwerkvertoning waarmee die gaste verras is. FOTO Hanri Human

Nadia en David bedank

Trouvenue: Bezalel op Wakkerstroom, Mpumalanga: 082 334 0245,
Geleentheidskoördineerder en dekor: Grab a Spoon Events & Catering: 079 988 3939,
Foto’s Hanri Human Photography: 072 092 5584, www.hanrihuman.com
Trourok, pakke en uitrustings van die gevolg asook ma’s van die bruid en bruidegom: Diaan Daniels Couture: 011 465 7121, info@diaan.co.za, www.diaan.co.za
Blomme en dekor in die kerk, sitkamer en saal:  Slightly Obsessed Events, Floral & Food: 084 401 1584, clive@slightlyobsessed. co.za,
Grimering verskaf deur: Revlon South Africa ; grimeerkunstenaar Adelle Jung (083 3884 490)
Verloofring en trouringe: Uwe Koetter: skakel Renay Lotz by 082 332 9602 of 012 425 7770, e-pos: clientservices@manage. uwekoetter.capetown
Japonne, pantoffels, gholfhemde, sokkies, geskenkboks, gasteboek, fotohoekie-rekwisiete en kos-beskrywingskaartjies: BakGat Ontwerp: 078 423 0999,
Troukoek en kolwyntjies: My Darlings: 082 324 3552, info@mydarlings.co.za,
Tafelgeskenke (leer-hangetikette vir bagasie): Eden and Co. Quality Leather Goods: skakel Conrad Basson by 083 557 1316 of Nikke Strydom by 076 186 7741; edenleatherco@gmail.com.
Nadia se hare: Strands of Love Hair Extensions: 082 438 8509, Haarstilis: Pieter Coertze van Carlton Hair Cresta, 011 476 8703
Tweeman-orkes ’n Pel van My: skakel Muller by 076 987 8257 of Michael by 084 501 2007; bookings@npelvanmy.co.za; Facebook: N PEL VAN MY
Ontwerpwerk en trouwebwerf: Ronzar Design Studios 082 697 7894, www.ronzarstudios.co.za
Logistiek, vervoer, infrastruktuur en meubels ADR Event Supply: 082 886 4538,
Hout-koekversierings: Ladies & Gentlemen alisutcliffe@gmail.com, www.facebook.com/customtoppers, www.weddingtoppers.co.za
DJ: DJ Chopper (Mitzi): 072 290 1443

Lees meer oor Nadia en David se groot dag SARIE se November-uitgawe.Klik HIER om nog joune in die hande te kry!

NOVember 2016 Nataniël Erik

Lees nou

Nadia Beukes & haar David: Só het die liefde begin

Aktrise Nadia Valvekens deel haarwenke vir fyn hare

VIDEO: Nadia en David in Rome