FOTO Instagram / @mingey

FOTO Instagram / @mingey

Het jy gehoor?

Kyk net Amanda Seyfried se verloofring!

Die Hollywood-aktrise Amanda Seyfried het in September verloof geraak aan die akteur Thomas Sadoski (40). Maar dis haar ring wat aandag trek – vir ’n baie goeie rede!

Haar verloofring pronk minimalisties en fyntjies om haar ringvinger. En anders as die res van Hollywood se verloofdes is Amanda se ring net ’n goue pand met nie ’n enkele diamant in sig nie!

Die paartjie het in 2015 ontmoet en vanjaar in Maart begin uitgaan, berig Daily Mail.

In Januarie het die 34-jarige aktrise Julia Stiles verloof geraak. En die minimalistiese ring het fyntjies op Julia se ringvinger gepronk. Iets wat nié die norm in Hollywood is nie! Glanssterre dra mos gewoonlik diamante so groot soos rotse aan hul ringvinger.

Best Christmas Ever!

A photo posted by @missjuliastiles on

 

Daar was veral op Twitter oor dié ring gegons:

 

Hier is van Hollywood se grootste verloofringe

Die verlowing is wel verbreek, maar die akteur Taylor Kinney het eens vir Lady Gaga met ’n 6-karaat-hartdiamant bederf.

And jersey nails#home

A photo posted by The Countess (@ladygaga) on

 

Blake Lively se 7-karaat-ring

 

Kim Kardashian se 15-karaat-ring

 

Angelina Jolie se 16-karaat-ring

 

Beyoncé se 17-karaat-ring

Lees ook

Blake en Ryan se baba is hier

Kim met vuurwapen aangehou

FOTO’s: Beauty and the Beast