FOTO Instagram / @kimkardashian

FOTO Instagram / @kimkardashian

Het jy gehoor?

Kyk net hoe het die Kardashians gelyk!

Of jy ʼn aanhanger is of nie, jy kan nie die Kardashians en hul selfies ignoreer nie. Oor die jare het plastiese chirurgie hulle omtrent getransformeer. Maar voor die geld en roem was hulle ’n gesin wat gewoon gelyk en geleef het. 

’n Gesinsfoto wat op sosiale media gedeel word, wys hoe die Kardashians eens gelyk het.

Vandag is die Kardashians een van die invloedrykste Amerikaanse families. Nie net het hulle suksesvolle besighede van hul eie nie, maar hulle is ook ’n aanwins vir die plastiese chirurgie-bedryf, berig Huffington PostAl hoe meer mense gaan glo onder die mes om meer soos die Kardashians te lyk. 

Kim, Khloé en Kylie se voorkoms het dramaties verander. Selfs die matriarg Kris Jenner het op hul TV-program Keeping Up With the Kardashians vir plastiese chirurgie gegaan.

Khloé het die koppe laat draai met haar onlangse fotosessie vir die glanstydskrif Harper’s Bazaar. Nie net het sy gewig verloor nie, maar sy het glo ook aan haar gesig laat werk.

@harpersbazaarus

A photo posted by Khloé (@khloekardashian) on

 

Barefoot for @HarpersBazaarUS A photo posted by Khloé (@khloekardashian) on

Maar van al die transformasies is dié van Bruce Jenner in 2015 die grootste. Hy het ’n geslagsverandering ondergaan en vandag is Caitlyn Jenner ’n ikoon vir die transgender-gemeenskap.

FOTO: Instagram / @caitlynjenner

FOTO: Instagram / @caitlynjenner

Daar is net een Kardashian wat nog nie onder die lem was nie en dis Rob Kardashian.

Rob sukkel van kindsbeen af met sy gewig en het ná sy liefdesteleurstelling met die sangeres Rita Ora 14 kg aangesit. Rob en sy verloofde, Blac Chyna, verwag nou ’n kind saam.

LOL ‼️till got a lot of work to do and weight to lose but glad I’m getting better :):):)

A photo posted by ROBERT KARDASHIAN (@robkardashian) on

Lees nou

Nóg ’n bekende deel van die 27-klub

5 foto’s van prins Harry se vaderlike instink