Het jy gehoor?

Kyk net hoe lyk Neil Sandilands!

As jou vriende speels begin sê jy begin soos ‘n bergie lyk, beteken dit seker dit is tyd vir ‘n haarsny en ‘n skeer.

Neil Sandilands, wat deesdae in Los Angeles woon, se voorkoms verskil ligjare van die dae toe hy nog Bart in 7de Laan gespeel het.

Miskien groei hy dit vir ‘n rol in ‘n fliek? Mens kan net so hoop!

Karen Zoid sê op Facebook hy lyk soos ‘n “sexy bergie” en sy vriendin Christina Storm se raad is: “Klits daai hare!”

“Wat ‘n interessante mens is jy nie. En ek hou so baie van jou nuutste profielfoto. Waarom kan ek nie verduidelik nie,” sê kos-celeb Sonia Cabano van sy nuutste profielfoto op Facebook.

“Ai Neil nou net wakker geskrik in n nagmerrie ek moes sluk na asem ek het jou profile pic in my droom gesien. Hemeltjie op aarde gelukkig was dit net ‘n nagmerrie,” spot Hermina Minnie Milushev. Sy raas dat Neil se meisie, die aktrise Esta Terblanche gaan ook gaan nagmerries kry as sy hom so sien.

Jacqueline Brits sê Neil se nuwe haarstyl herinner haar bietjie aan Leonardo in Man with the Iron Mask.

Komaan Neil, sny die boskaas of laat weet vir watter rol jy jou voorberei!

  • Marietjie

    jig!

  • Sonet

    Ek dink dit is aaklig…sorry! Probeer sjampoe en ‘n skeermes.