FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

FOTO: Prins George se eerste skooldag

Ag, moeder! Klein prins George word te vinnig groot.

Gister was prins George se eerste dag by sy kleuterskool. Met sy blou rugsak en snoesige baadjie het hy met groot opwinding by die Westacre Montessori-kleuterskool in Norfolk, Engeland, ingestap. En dit lyk of die klein prinsie nie meer skaam is vir die kameras nie.

Kate en William het dié oulike foto’s gedeel:

In 1985 het William sy eerste dag by die Mrs. Mynors-kleuterskool begin. Destyds was dit ʼn eerste vir die koninklikes, want dié kleuterskool was buite Kensington-paleis. Wyle prinses Diana wou William so normaal moontlik grootmaak. Maar daardie dag het meer as 100 kameras hom afgeneem.

Nes Diana wil Kate ook haar kinders so na moontlik aan normaal grootmaak, berig Hello!

Wanneer prins George en prinses Charlotte groot genoeg is, beplan hul 33-jarige ma om hulle onderskeidelik na die Scouts en Rainbows te stuur, wat sal verseker dat hulle prettige en leersame interaksies met ander kinders het.

Lees nou