gorillacu01
Het jy gehoor?

Kyk só ‘n gorilla!

‘n Innoverende advertensie-veldtog het Sondag 5 April alle Suid-Afrikaanse TV-kanale getref. Noem dit guerrilla-taktiek – of liewer gorilla-taktiek! Cadbury Suid-Afrika loods opnuut hul Dairy Milk-sjokolade met ‘n reuse-gorilla wat op maat van Phil Collins se “In the air tonight” ‘n stel tromme slaan soos nét Phil Collins kan. ‘n Oomblik van pure plesier!

Die bekendstelling van dié advertensie is soos dié van ‘n fliek en is daarom een van die veldtogte waaroor daar nog die meeste bespiegel en gepraat is. Kyk uit daarvoor!