Taylor Swift
Het jy gehoor?

VIDEO: Kyk Taylor Swift se sterbelaaide Bad Blood

Die lang wag is uiteindelik verby! Taylor Swift se sterbelaaide Bad Blood-musiekvideo het sy debuut by dié jaar se Billboard Music Awards gemaak, berig E!Online

Die 25-jarige sangeres was een van die groot wenners by dié geleentheid wat Sondag in Las Vegas gehou is. Taylor het weggestap met die volgende vier pryse: Top Billboard 200 Award, Top Female Artist, Billboard Chart Achievement en (sekerlik die grootste prys van die aand) Top Artist of the Year.

Taylor het weke vooraf reeds begin om een vir een die sterre wat in Bad Blood speel bekend te maak op haar Instagram-blad. Bekendes soos Cindy Crawford en Jessica Alba maak hul verskyning in sexy, swart uitrustings en gevegtonele, wat aan Kill Bill herinner. Ander bekendes wat jy daarin sal herken is die model Cara Delevingne, aktrise Selena Gomez, Greys Anatomy se Ellen Pompeo, Lena Dunham en nog baie ander.

Dit is ’n kant van Taylor wat ons nog nie van te vore gesien het nie. Dit is vol bravade en kameraadskap.

Kliek HIER vir nog foto’s van bekendes wat in Bad Blood te sien is.

Voor dié vier minuut-lange video verby is, sal jy tien teen een reeds saam sing:

Bron: E!Online

Lees ook