Sarah Press pics 7
Het jy gehoor?

Kyk wat doen dié Isidingo-aktrise nou

Van Suid-Afrika se gewildste TV-reekse tot selfs Cannes, dié aktrise kan alles doen. Sarah Kozlowski het al rolle vertolk in ons topreekse soos SABC se Isidingo en M-Net se The Wild.

Met ’n rolprent wat boonop in Cannes gaan draai het, was 2016 beslis ’n besige jaar vir dié vurige aktrise.

A photo posted by Sarah Kozlowski (@sarahkozsa) on

Sarah het haar groot deurbraak gehad toe sy die rol van Pam Norton in die reeks Isidingo vertolk het. Daarna het baie deure in haar akteursloopbaan begin oopgaan. Maar Sarah het nie beplan om ’n aktrise te wees nie. Dit was eers nadat sy die korporatiewe wêreld vir modelwerk verruil het, dat sy akteurswerk ontdek het. Die nuwe beroep het vinnig in ’n passie ontaard. Daarna het sy in Amerika gaan drama swot. “Hoe meer ek die kuns van toneelspeel bemeester het, het dit vir my soos ’n soort terapie begin voel,” het sy oor akteurswerk vertel.

Die model en aktrise het vroeër vanjaar die rolprent Alexia by die 69ste Cannes-rolprentfees in Frankryk gaan bemark. Sarah vertolk die naamrol in die prent, wat handel oor verhoudings, verraad en vrouemishandeling.

A photo posted by Sarah Kozlowski (@sarahkozsa) on

Kyk die lokprent van Alexia hier:

“Dit was my eerste keer by die Cannes-rolprentfees en dit was absoluut fantasties. Daar het so baie gebeur. Van die rooitapyt-premières en die seiljagpartytjies tot die geleenthede om my netwerk te vergroot – alles was verskriklik lekker,” vertel Sarah van haar tyd in Cannes.

“Ek het was selfs by die première van The Nice Guys waarin Russell Crowe en Ryan Gosling rolle vertolk. Ek kon nie glo ek was saam met Russell Crowe op die rooi tapyt nie. En Ryan Gosling is net so aantreklik in die werklikheid as op skerm.”

 

A photo posted by Sarah Kozlowski (@sarahkozsa) on

Maar dit is nie al wat die aktrise vanjaar so besig gehou het nie. Sarah het in die SABC2-reeks Thola verskyn. Sy vertolk die rol van Madelein Venter, ’n model en regte plaasmeise van Brandfort. Dít was Sarah se eerste Afrikaanse rol nog.

“Hoewel my ma Afrikaans is en ek die taal op skool geleer het, was ons huistaal Engels omdat my pa Pools is. Ek was huiwerig oor die rol omdat ek nie so vertroud met Afrikaans was nie, maar my ma het ingespring en my baie gehelp. Dit was toe baie lekker en ek is opgewonde oor die Afrikaanse vermaakbedryf in die land”

*Alexia word einde Desember vrygestel.

Lees nou

Tannie Poppie kook weer (met haar eie wyn ook) + haar gewildste pampoentert-resep!

Michael Bublé se seun (3) het kanker

Die wêreld se aansteeklikste treffer is …