joan rivers lees nou blocks
Het jy gehoor?

Komediant Joan Rivers se besittings opgeveil

’n Versameling van die altyd-te-eerlik-komediant Joan Rivers se persoonlike besittings is onlangs opgeveil. Die items wat uit die luukse New York-woonstel van die gewese Fashion Police-aanbieder kom, het van haar juweliersware en natuurlik haar kenmerkende rooitapytrokke ingesluit. 

Joan, wie al byna twee jaar oorlede is, se dogter en Fashion Police-regisseur, Melissa Rivers, het uiteindelik van haar ma se besittings laat gaan. Die veiling genaamd “The private collection of Joan Rivers” het 22 Junie 2016 by die beroemde afslaers in New York, Christie’s, plaasgevind.

Die hoogtepunt  van Joan se versameling is n blomvormige diamantborsspeld wat sy self ontwerp het. Die borsspeld is opgeveil vir tussen $30 000 tot $50 000 (sowat R450 000 tot R735 915). Die diamante in dié borsspeld was oorspronklink oorbelle van Joan se ma en die steel is in 1990 deur die ontwerper Harry Winston bygevoeg, berig Vanity Fair.

 Hier is nog items uit Joan Rivers se versameling:

 ’n Swart-en-wit verejas: tussen  $800 tot $1 200 (sowat R 11 100 tot R 17 700)

Swart-en-wit feer jas

FOTO http://www.6sqft.com/

 

’n Swart vere-en-wolstof langmourok: tussen $1 500 tot $2 000 (sowat R 22 100 tot R 29 500)

Swart langmou feer en wolstof rok

FOTO http://www.6sqft.com/

Joan se hond, Spike, se silwer hondebak: tussen $500 tot $800 (sowat R7 400 tot R 11 100)

Hondebak

FOTO http://www.6sqft.com/

’n Porselein nageregstel: tussen $2 000 tot $3 000 (sowat R29 500 tot R44 200)

Eetgerei

FOTO http://www.6sqft.com/

Bronne: Vanity Fair6sqft

Lees nou:

Watter koninklike se styl pas by jou?

Jamie Foxx en Katie Holmes nou ’n paartjie!

Audrey Hepburn se geheime sien die lig