FOTO Instagram / @therealsarahhyland

FOTO Instagram / @therealsarahhyland

Het jy gehoor?

Kyk watter aktrise is nou sangeres

Dié aktrise kan nou “sanger” by haar CV las. Die Modern Family-aktrise Sarah Hyland, beter bekend as Haley Dunphy, het onlangs haar sangdebuut gemaak en sy klink of sy dit reeds jare doen.

A photo posted by Boyce Avenue (@boyceavenue) on

Sarah het met die groep Boyce Avenue saamgewerk om die treffer “Closer” van die musiekgroep The Chainsmokers te sing en die internet gons oor hoe goed dit is. Selfs The Chainsmokers het vir Sarah en Boyce Avenue op sosiale media gelukgewens.

Kyk die musiekvideo hier:

Maar dit is nie al akteur wat die sprong na die musiekwêreld gemaak nie. Hier is nog ’n paar.

Jared Leto 

Die Oscar-wenner is nie net ’n bekroonde akteur nie, maar is ook die voorsanger van die suksesvolle groep Thirty Seconds to Mars.

Zooey Deschanel

Die New Girl-aktrise vorm saam met M. Ward die musikale duo She & Him.

Ryan Gosling

Die aantreklike akteur en sy vriend Zach Fields het hul musiekgroep, Dead man’s Bones, in 2007 gestig.

Kevin Bacon

Die Footloose-akteur en sy broer, Michael, het in 1995 die groep The Bacon Brothers gestig.

Russel Crowe

Jy hoef nie net die rolprent Les Misérables te kyk om die akteur te hoor sing nie. Hy het ook sy eie musiekgroep, 30 Odd Foot of Grunts.

Bron: ETonline

Lees nou:

Steven Spielberg se 19-jarige dogter nou model

Gunstelinge – en binnekort ook een nuwe reeks op VIA

7de Laan se Hildegardt deel groot nuus