FOTO Twitter @tomhanks

FOTO Twitter @tomhanks

Het jy gehoor?

Bekende ‘photobomb’ paartjie op troudag!

Toe ’n paartjie onlangs in Central Park, New York, hul troufoto’s neem, het die akteur Tom Hanks verbygekom en vir hulle ’n ekstra trougeskenk gegee!

Die Forrest Gump-akteur het toevallig verby die paartjie gedraf en besluit om ’n paar foto’s met hulle te neem. Hul fotograaf het die foto’s op sosiale media gedeel:

Natuurlik het Tom ook ’n selfie geneem en die paartjie met dié foto op sosiale media gelukgewens:

Die akteur het ook lekker met die paartjie gesels! Kyk die video hier:

Maar Tom is nie die enigste bekende wat al paartjies op hul troudag verras het nie. Hier is nog ’n paar celebs wat troues ge-“photobomb” het.

Beyoncé

Die “Single Ladies”-sangeres en haar man, Jay Z, was met vakansie in Italië toe hulle verby ’n kerk stap waar ’n paartjie getrou het.

 

 

Steven Tyler

Die Aerosmith-sanger het by dié paartjie se onthaal in Washington verbygestap toe hy foto’s met die bruidspaar én van hul gaste geneem het.

Taylor Swift

Kan jy dit glo? Taylor het nie net by die troue opgedaag nie, maar het selfs haar treffer “Blank Space” gesing!

Kyk die video hier:

Serena Williams

Die bekroonde tennisspeler was in haar swemklere toe sy op die paartjie se strand-troue afkom!

 

 

Justin Timberlake 

Die voormalige NSYNC-groepslid het verby ’n troue gestap toe die bruid se pa hom vra om die bruidspaar te verras.

Vir ekstra middel-van-die-week-pret, kyk hoe verras is dié paartjies in die video van Maroon 5 se treffer “Sugar”. Kyk dit hier:

 Bronne: CNN, Huffington Post

Lees nou

‘Noem my Skollie’ draai dalk by die Oscars!

Instagram se koffie-kampioen kom uit Joburg!

Liev en Naomi se paadjies skei ná 11 jaar