Het jy gehoor?

Verlief, verloof, dié bekendes gaan trou

Die vraag is gevra, die ring is aan die vinger, nou sien ons uit na troue hou … 

In die lente is dit gewoonlik nie net die bloeisels wat blom nie, maar ook die liefde. Vra maar vir die aktrise Erica Wessels wat onlangs verloof geraak het. Die Trouvoete en My Father’s War-aktrise het onlangs aan Willem Boshoff verloof geraak. “Tussen die lenteblomme het sy ja gesê!” het hy die nuus op sosiale media gedeel, met ’n foto van Erica en die ring aan haar vinger daarby.

 

Erica het onlangs die hoofkarakter in die kortfilm Vlees van my vlees vertolk. Die kortfilm het tydens kykNET se Silwerskermfees vanjaar beste korfilm gewen en Erica het die toekenning vir beste aktrise in ’n kortfilm gewen.

Die akteur Neels van Jaarsveld het vroeër vanjaar die ja-woord gevra vir sy meisie, Jeanne Flynn, ’n persoonlike afrigter en model. En natuurlik het sy ja gesê!

Hy het dié foto van die paartjie op sosiale media gedeel:

“Ek het vir Jeanne se ma gevra om vir haar te sê sy moet my op die strand kom kry as sy van die kafee af terugkom. Ek het ’n kombersie uitgelê en toe ons mekaar sien, het ons begin lag. Alles lyk nou sommer helder,” het Neels aan Fanie Cronjé gesê. (Lees meer hier.)

Die paartjie het op Witsand se strand verloof geraak.

Die Springbok-slot Lood de Jager het ook ’n paar maande gelede vir sy meisie, Constance Bekker, gevra om te trou.

A photo posted by Lood de Jager (@loodejager) on

Maar dit is die nie al nie! Die model en voormalige Mej. SA-deelnemer Tammy-Anne Fortuin het in Mei vanjaar verloof geraak aan Cyrus Nazari. Sy het ook onlangs haar BA-graad in rolprentkunde in Amerika ontvang.

Hier is nóg paartjies wat besig is om hul troue te beplan:

Die aktrise Amanda Seyfried

Nes haar karakter in die rolprent Mamma Mia! gaan die aktrise Amanda Seyfried ook nou ’n troue beplan nadat die nuus gebreek het dat sy en die akteur Thomas Sadoski verloof is.

FOTO Twitter @axnshowtime

Pippa Middleton

Pippa Middleton, die voormalige geleentheidsbeplanner en suster van Kate, die hertogin van Cambridge, en die ryk 40-jarige sakeman James Matthews is verloof.

FOTO Twitter @skynews

Brie Larson

Die aktrise is verloof aan haar kêrel van 3 jaar, Alex Greenwald.

FOTO Instagram @brielarson

Miranda Kerr

Die Australiese supermodel Miranda Kerr en die hoof van Snapchat, Evan Spiegel, is verloof.

FOTO Instagram @mirandakerr

Kylie Minogue

Die 47-jarige sangeres Kylie Minogue is verloof aan die 28-jarige Britse akteur Joshua Sasse.

FOTO Instagram @joshuasasse

Mariah Carey

Die sangeres spog met ’n 35-karaat-diamantring en die biljoenêr-sakeman James Packer aan haar sy.

FOTO: Instagram @mariahcarey

Lees nou

Prinses Charlotte se eerste toer

Nadia en David op pad na Venesië

Brümilda en Helen Mirren skitter in bikini’s!