Het jy gehoor?

Kyk watter SA celeb het hul hand-afdruk vir Mandela gemaak! (Ander sluit Morgan Freeman en Prins Albert van Monaco in.)

City of Cape Town en Celebrity Services Africa stel “famous handprints” bekend. ‘n Projek ter ere van oudpres. Nelson Mandela en sy voortdurende voorbeeld en motivering vir vrede en versoening.

Nelson Mandela laat sy stempel al die afgelope 67 jaar geld – en die nuwe inisiatief sluit 67 bekendes se hand-afdrukke in. Van die eerstes wat hul afdrukke gemaak het, is primier van die Wes-Kaap, Helen Zille, en die Amerikaanse kletsrymer R Kelly.

Ander bekendes wat ook hul hande vuil gemaak het vir die projek is Prins Albert van Monaco, emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu, voormalige Bafana Bafana-spanlede, Quinton Fortune en Sean Bartlett, FIFA-president, Sepp Blatter, Vanessa Haywood, Lady Smith Black Mambazo, Danny K, Jeff Radebe, Boris Johnson, Morgan Freeman en nou ook die plaaslike skoonheid en TV-aanbieder Jo-Anne Strauss

Die seildoeke met al 67 bekendes se hand-afdrukke sal later aan mekaar gestik word om die Suid-Afrikaanse vlag te vorm! In ‘n latere stadium sal die vlag op ‘n veiling verkoop word om geld in te samel vir die Nelson Mandela Stigting.

Vanessa HaywoodJo-Anne

 

Kyk hoe doop bekendes hul hande in die verf!

 

  • AHRT1e jhzdfusklios, [url=http://aulqbujtweqi.com/]aulqbujtweqi[/url], [link=http://fpcrrsevsybd.com/]fpcrrsevsybd[/link], http://woudgecdubmw.com/