Cristiano is verlede jaar vir die twee keer met die FIFA Ballon d'Or vereer - dié toekenning word gegee aan die sokkerspeler wat die beste presteer het
FOTO: Instagram (@cristiano)

Cristiano is verlede jaar vir die twee keer met die FIFA Ballon d'Or vereer - dié toekenning word gegee aan die sokkerspeler wat die beste presteer het FOTO: Instagram (@cristiano)

Het jy gehoor?

Kyk wie is die wêreld se rykste atleet in 2016!

Dié lys maak dat jy sommer dadelik jou sokkerskoene wil aantrek en begin oefen! Forbes het gister hul jaarlikse lys vrygestel van atlete wat in 2016 die meeste geld verdien het. 

Die eerste vrou op die lys is die tennislegende Serena Williams, op nommer 40. Die Russiese tennisspeler Maria Sharapova het ook die lys gehaal, maar sy is nommer 88.

Hier is die top-10 rykste atlete:

10. Kobe Bryant, basketbalspeler
Hy verdien $50 m (sowat R741 miljoen).

 

9. Jordan Spieth, gholfspeler
Hy verdien $52,5 m (sowat R783 miljoen).

 

8. Phil Mickelson, gholfspeler
Hy verdien $52,9 m (sowat R785 miljoen).

 

7. Cam Newton, Amerikaanse voetbalspeler
Hy verdien $53,1 m (sowat R787 miljoen).

 

6. Novak Djokovic, tennisspeler
Hy verdien $55,8 m (sowat R828 miljoen).

 

5. Kevin Durant, basketbalspeler
Hy verdien $56,2 miljoen (sowat R787 miljoen).

4. Roger Federer, tennisspeler
Hy verdien $67,8 m (sowat R1 miljard).

3. LeBron James, basketbalspeler
Hy verdien $77,2 m (sowat R1,1 miljard).

 

2. Lionel Messi, sokkerspeler
Hy verdien $81,4 m (sowat R1,2 miljard).

 

1. Cristiano Ronaldo, sokkerspeler
Hy verdien $88 m (sowat R 1,3 miljard).

 

Lees nou

Maria Sharapova baklei terug

Só toer krieketkaptein AB met klein AB