FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Kyk wie het dié naweek getrou?

Natalie (31) en die Franse danser en choreograaf, Benjamin Millepied (35), het in 2009 op die stel van haar donker trefferfliek, Black Swan, ontmoet. Hul seun, Aleph, is nou 14 maande oud. Ná ‘n verlowing van twee jaar het dié twee uiteindelik Saterdag tydens ‘n private Joodse seremonie trou aan mekaar beloof.

Sy dink daaraan om Franse burgerskap aan te neem en volgens haar, só die drome van haar ouers te verwesenlik. Die gesin het toe Natalie 14 jaar oud was in Parys gewoon en sy is vernoem na dié Gilbert Bécaud-liedjie.

Natalie, een van Dior se gesigte, het ook vir hul nuutste advertensieveldtog bostukloos geposeer. Die Oscarwenner is deur bekende fotograaf Mario Sorrenti gekiek en bemark die nuwe Diorskin Nude-reeks. Werklik ‘n natuurlike skoonheid!

Natalie Portman vir Dior Nude Skin

  • Erika

    Nie juis ñ rol model met haar buite egtelike telgie nie. Maar nou ja net omdat sy ñ ster in amerika is moet almal ñ bohaai maak. Wat het van goeie waardes en normes geword. Is ons nie besig om so sedeloos soos amerika te word nie. Ons sal ons self ook maar ñ tuiken van Alkaida maak. Blykbaar is dit net hulle wat nog sedes en waardes het. God dank het ek nog nie kinders wat aan al hierdie slegte rol modele bloot gestel kan word nie

  • Adri

    Ja. dankie dat jy nie kinders of telge soos jy dit noem het nie. Dink net dan was daar nog ‘n idioot of twee wat nie eers kan spel op die aarde!!!!

  • Retha

    Sjoe maar ons is bitsig. Daar is dalk redes hoekom sy nie gedink het die tyd is ryp om te trou nie. Liewer wag en kyk voordat jy jou kind blootstel aan soveel meer ongelukkigheid as om ‘n ongetroude ma te he.
    Ons hoop Erika het nie nog groen koring op die land nie. Mens moet maar versigtig wees met wat by jou mond uitkom. Dalkies moet jy netnou jou woorde sluk.

  • Christa

    Ja wil maar net bevestig wat Adri en Retha se: Geen rede om so bitsig te wees nie. En om van ‘n kind as ‘n telg te praat! Jy moet liewers nooit kinders he nie Erika, en kry maar ‘n woordeboek om jou te help met die spelling. Ai toggie.