Het jy gehoor?

Willem Botha nou ‘n brunet…

Donkerland vorm deel van Deon Opperman se ‘Afrikaner-trilogie’ wat Kruispad en Hartland insluit.

Hulle begin binnekort aan dié reeks begin skiet wat op kykNET uitgesaai gaan word. Hulle beoog om Augustus op die kassie te wees.

Wilna Snyman (Madel van 7de Laan), wat ta’ Emily in Hartland vertolk het, gaan weer in Donkerland te sien wees as ‘n jonger ta’ Emily. Jozua Malherbe (Wolwedans in die skemer) is die regisseur, berig Rapport.

Willem het hierdie foto van homself getwiet met die onderskrif: Donker hare vir nuwe tv reeks – DONKERLAND.

Wat dink julle? Verkies julle Willem met sy blonde of brunet hare?