FOTO Twitter @nylonmag

FOTO Twitter @nylonmag

Het jy gehoor?

Kyk wie is terug ná 10 jaar!

Dis 10 jaar later en die geliefde karakters van die TV-reeks Will & Grace het vinnig weer gesig gewys! Al was die reünie net vir ’n YouTube-video ter ondersteuning van Hillary Clinton.

via GIPHY

Debra Messing, wat die karakter van Grace vertolk, het Maandag die nuus in ‘n video op Twitter aangekondig. Die versteekte boodskap in die video lees “Will & Grace is back.”

 

Hoe lyk die karakters Will, Grace, Karen en Jack nou? Trek die pyltjie na links om te sien!

Die reeks het gehandel oor die lewens van die karakter Will, gespeel deur Eric McCormack, en sy woonstelmaat én beste vriendin, Grace. Dié gewilde reeks was vir agt jaar, vanaf 1996 tot 2006, op ons TV-skerms en het onder meer 16 Emmy-toekennings gekry. Dit was ook ’n baanbrekerreeks vir die LGBT-gemeenskap omdat twee van die hoofkarakters gay was.

In die een-episode-reünie probeer Will en Grace om die karakter Jack, vertolk deur Sean Hayes, te oorreed dat hy vir Hillary Clinton moet stem in die Amerikaanse presidentsverkiesing. Die 10-minute-episode is enkele ure voor die eerste TV-debat tussen Hillary Clinton en Donald Trump uitgereik. En so reg in die aard van die reeks, is dit skreeusnaaks!

Kyk die video hier:

Welkom terug, Will & Grace!

Bronne: Independent, Pink News

Lees nou

Kate Middleton laat wéér die koppe draai!

EKSKLUSIEF: Jade Hübner deel fiksheidswenke

Hillary vs Donald in eerste debat