penelope_cruz_go4celebrity
Het jy gehoor?

Penelopé Cruz kry haar ster in die Walk of Fame

Dié 36-jarige aktrise was in 2009 die eerste Spanjaard wat ’n Oscar wen. Sy het dit gekry vir haar rol in die prent Vicky Cristina Barcelona en word daarvoor vereer met ’n ster in Hollywood se Walk of Fame.

Die plegtigheid is Vrydag, 1 April, voor die El Capitan Theatre en regisseur Rob Marshall sal die geleentheid open.

Sy laat egter nie dié erkenning na haar kop toe gaan nie. “Ek wil nie te seker van myself wees nie. Ek het vir soveel jare in respek en gesonde vrees vir die werk geleef, ek sien nie hoekom dit nou moet verander nie,” het sy aan Banks Showbiz vertel.

Sy en haar man, Javier Bardem, het onlangs hul eersteling, Leo, in die wêreld verwelkom.