FOTO Instagram @ m_phelps00

FOTO Instagram @ m_phelps00

Het jy gehoor?

Kyk wie leer almal swem!

Die laaste tyd was daar foto’s op Instagram van ’n hele paar bekendes in die swembad.

Dis miskien nie so ’n slegte idee om te leer swem en seker te maak jou kinders is veilig in die water nie. Volgens Swimkidz SA verdrink daar elke dag twee kinders in Suid-Afrika.

Veiligheid is juis een van die redes wat model Chrissy Teigen aanvoer waarom sy en sanger John Legend gaan leer swem noudat hulle ’n kind het. Hul dogtertjie, Luna Simone Stephens, is op 14 April gebore. Volgens Chrissy wil sy en John leer swem sodat hulle nie “hulpeloos” sal voel rondom Luna Simone nie.

Sy het op Instagram gesê: “Ek was in die swembad vandag. Ek kan nie swem nie, maar ek probeer vir Luna leer. Daar is niks wat ek meer wil doen as om haar in die water te kry en haar te leer swem nie.”

Volgens Daily Mail het Chrissy gesê nie sy of John kan swem nie – nie omdat hulle ’n vrees vir water het nie, maar bloot omdat hulle nooit geleer swem het as kinders nie.

En kyk wie se kind is dalk ’n toekomstige Olimpiese swemmer! Michael Phelps het Woensdag foto’s op Instagram gedeel waar hy en sy seuntjie in die swembad is.

A photo posted by Michael Phelps (@m_phelps00) on

Phelps was baie ingenome met Boomer en het gespog dat die seuntjie baie gehou het van die water. Klein Boomer, wat op 5 Mei gebore is, het op die ouderdom van agt weke reeds sy eie sosialemedia-profiel. Hy het oor sy tydjie langs die swembad gesê: “I loved going in the pool today with @nicole.m.johnson (mommy) and @m_phelps00 (daddy)! Can’t wait til I get to learn to swim from daddy and @coach_bowman!”

A photo posted by boomer phelps (@boomerrphelps) on

Al was dit die eerste keer dat Boomer saam met sy pa geswem het, het hy darem al saam met sy ma, Nicole, gaan kyk hoe sy pa deelneem aan die Amerikaanse swemkampioenskap, wat in Junie gehou is. Phelps is van plan om uit te tree uit swem ná die Olimpiese Spele in Rio, berig People .

In ’n onderhoud met Matt Lauer van Today het Phelps gesê: “Vir my om aan nog ’n Olimpiese Spele deel te neem, ’n troue te hê, asook my eersgeborene wat vir my kan kyk of daar is terwyl ek in my laaste Spele swem, is iets wat bitter spesiaal is.”

Phelps is die mees bekroonde swemmer en Olimpiër van alle tye met 22 Olimpiese medaljes.

Bron: Daily MailPeopleSwimkidz SA

Lees nou

Ratanga Junction, Kaapstad

Vakansie: Só kan jy die kinders besig hou