FOTO Instagram / @kensingtonroyals

FOTO Instagram / @kensingtonroyals

Het jy gehoor?

Kyk wie speel Kate Middleton …

Ja, jy’t reg gelees, daar gaan nóg ’n drama oor die koninklikes vervaardig word, berig Express. Die dramaturg Mike Bartlett het sy verhoogstuk King Charles III in ’n drama vir BBC verwerk. En natuurlik het Kate Middleton ’n groot rol in dié drama. 

Die Britse aktrise Charlotte Riley gaan die rol van die hertogin van Cambridge vertolk. “Kate Middleton is so ’n interessante vrou, veral binne die konteks van hierdie teaterstuk. Dit is ’n uitdaging waarna ek baie uitsien,” het die aktrise oor haar rol gesê.

Dit is die tweede produksie wat die afgelope tyd oor die koninklikes vervaardig word. Netflix het ’n mini-reeks, The Crownvervaardig wat op 4 November uitgereik is. Dit handel oor die lewe van ’n jong koningin Elizabeth en prins Philip. Die Britse akteurs Claire Foy en Matt Smith vertolk die rolle van dié paartjie.

Kyk die lokprent van The Crown hier:

Lees nou

Marius Weyers is DIE PA

Nóg ’n baba vir dié celeb!

Prins Harry: Los my Meghan uit