Het jy gehoor?

Kyk wie’s terug in die Laan!

Gisteraand het Maria vir Jerome in die stoorkamer ontdek, maar niemand kan raai wat dié flambojante man weer in die Laan soek nie …

7de Laan vier 3 000ste episode

Jerome skuld geld en vlug vir die eisers omdat hy nie kan betaal nie. Hy trek by Oubaas en Hilda in en om sy dankbaarheid te bewys, doen hy Hilda se hare vir ‘n geselligheid. Hierdie vaardigheid laat die ander 7de Laan-vroue ook toustaan vir nuwe kapsels. Boonop moet hy ál die modelle se hare doen vir Annelie se modeparade. Net die tyd sal leer of hy dít kan regkry!

Jerome sit ook hand by met ‘n troukoek én ontdek ‘n moordkomplot. Intussen soek die eisers ook nog hul geld …

Diaan Lawrenson (Paula van 7de Laan) se gunstelinge

  • Soekie Oelofse

    Sien bAIE uit na Die laaste Tango. Deon een van die min afrikaanse skrywers wie se boeke almal op my moekrak pryk!! DEON BO!!!