Het jy gehoor?

Kyk wie’s terug in die Laan

“Ja-nee,” lag Sorina Erasmus effe verleë. “As die onstuitbare Flooze kom saai ek alweer amok in die Laan!”

Die Willekind van Witbank is van 16 November af te sien in ‘n splinternuwe storielyn wat tans geskiet word en wat groot vermaak vir die kykers beloof.  

Dié keer is sy’s minus Neef Gert, want “hy’t die morals van ‘n bosaap met rabies” en as sy daai tappet ooit weer teëkom gaan die bloed loop! Maar sy check die nuwe talent in die Laan uit met ‘n waarderende oog. Bernard se spiere word bevoel en die nuwe mannetjie in T&T word gechaff, maar dis Rowwe Jack se sexy kuite wat haar knieë lam maak!

Wilde partytjies, moleste in die deli en bokkoppe teen mure is maar ‘n paar van die dinge wat haar groot tjomma, Paula, laat ril as Flooze noem dat sy dalk in Jozy kan settle!

Dis net vir Maria wat die Flooze ontsag het – maar om uit te vind hoekom, sal die kykers maar moet inskakel op 7de Laan in November.

  • Dalene Mclean

    Ek’s soooooo bly jy’s terug. Gee bietjie whoema in die Laan ……..

  • Betsie du Plessis

    Great!! My tjomma. Sien uit daarna.

  • Liezel Genis

    hie hie hou almal op hulle tone Sorina….enjoy!

  • Adele’ Verwoerdt

    Dis die beste nuus oOoit! dis nou wer hoogtyd! ek kan nie wag vir onse floozi om weer ‘n drai in die Laan te goi met Flosi! sy kan enige tyd in een van dai flats intrek!!! sy gee ALTYD weer so lekker woema met ‘n hoofletter W in 7de Laan! en comedy wat skrik vir niks! sy bly nou marnt my lagmedisyne! so ek kan versekkerrr nie wag vir November! want kyk papie! hierr kom vir jou ‘n GROOT ding! so die manne in 7de Laan moet hul storie ken want oukies! sy watch vir jou!! Awesomee tjomma dai jong! ‘n baie baiee spesiale plekke in my hart en nog vele meer! xxx

  • Riana

    Dankie tog! So bly Floozie is terug!!

  • Rene Van Wyk

    Ja nee, kan nie wag Sorina om terug te kom Laan toe nie.

  • Pollie Mereis

    Ai, ou Floozie, dit sal lekker wees as jy weer terugkom, maar ek’s so bly neef Gert maak nie weer sy verskyning nie, kan hom nie duld nie!