FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

kykNET-aanbieder Theunis Nel kritiek in hospitaal

Die aanbieder van kykNET se Woema, Theunis Nel, is in ’n kritieke toestand in die hospitaal ná ’n motorfietsongeluk, berig Maroela Media

Anria van Heerden, mede-aanbieder van Woema en gesinswoordvoerder, het vandag aan Maroela Media gesê dat die ongeluk Maandag by die Garsfontein-oprit van die N1-snelweg gebeur het.

’n Bakkie het glo vir Theunis teen sy kant getref. Theunis is op die oomblik in die Unitas-hospitaal waar hy steeds in kritieke toestand is. Hulle moes sy regterarm amputeer om sy lewe te red.

Lees meer oor die ongeluk en Theunis se toestand op Maroela Media se webtuiste.

Theunis en sy vrou, Mareli, is die trotse ouers van twee seuns.

FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

Bron: Maroela Media