kykNET NOU Alpha
Het jy gehoor?

kykNET Musiek word kykNET NOU

kykNET het aangekondig dat hul gewilde musiek-kanaal, kykNET Musiek, voortaan as kykNET NOU bekend sal staan. 

Die kanaal, wat op 3 Augustus sy nuwe baadjie aantrek, sal steeds propvol musiek wees, maar die inhoud sal ook op ander vermaaklikheid soos gespreks- en leefstylprogramme oor Afrikaanse musikante fokus. Daar sal regstreeks met radiostasies én kykers gesels word en konserte met jou gunsteling-kunstenaars sal ook regstreeks uitgesaai word. Vandaar die naam kykNET NOU, want alles gebeur nóú.

Karen Meiring, M-Net Direkteur van Afrikaanse kanale sê: “Ons beoog om ons kykers op hoogte te hou en hulle sosiale kalender behoorlik op te kikker met die nuutste inligting oor ons konserte. Kom vier dit NOU saam met ons.”

Hier is ’n lusmaker vir die nuwe kykNET NOU

Lees ook