Suzzi Swanepoel, Isabel Richert in die kykNET-reeks Sterlopers FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

kykNET se Suzzi Swanepoel skop haar sangloopbaan af

As Isabel Richter in Sterlopers het Suzzi Swanepoel se diep stem kykers se harte gesteel … nou kan ons uitsien na meer van Suzzi se unieke stem.

Suzzi het die afgelope week haar eerste enkelsnit, “Ek probeer”, uitgereik. ’n Musiekvideo vir die lied is ook beskikbaar op YouTube.

“Ek het soveel pret gehad om te ontdek wie ek is en wat ek wil verteenwoordig. Om dit met almal te deel, is vir my só ’n blye seëning,” sê die aktrise en sangeres in ’n persverklaring oor die begin van haar musiekloopbaan.

Suzzi se eerste lied gaan oor die harde werk om verhoudings – hetsy platonies of romanties – te laat werk. Dit beskryf hoe jy soms fisiek en ander kere emosioneel uitreik na diegene vir wie jy lief is.

Maar dit beteken nie haar loopbaan as aktrise is verby nie …

Heinz Winckler en Suzzi Swanepoel, wat ook in Sterlopers te sien is FOTO: Twitter

Heinz Winckler en Suzzi Swanepoel op die stel van die fliek Mooirivier
FOTO: Twitter

Suzzi is volgende jaar te sien in die fliek Mooirivier, saam met sterre soos Nadia Beukes, Tim Theron en Heinz Winckler.

Kyk hier na Suzzi se musiekvideo

Suzzi Swanepoel releases EK PROBEER single re-sized Suzzi Swanepoel on EK PROBEER Music Video Shoot re-sized