Morné Visser

Morné Visser

Het jy gehoor?

kykNET Silwerskermfees 2015-wenners

Die jaarlikse kykNET Silwerskermfees is verlede week in Kampsbaai gehou. Al die groot sterre in die Afrikaanse rolprentbedryf het bymekaargekom om die beste kortflieks en speelfilms van die fees te vier.

Só lyk die kykNET Silwerskermfees-toekennings

Só lyk die kykNET Silwerskermfees-toekennings

SARIE.com was by die fees en het heerlik saam met die akteurs en aktrises gekuier, en natuurlik ook die flieks geniet.

“Daar was duidelik ’n klem op en verbetering in die gehalte van die films,” sê Karen Meiring, hoof van Afrikaanse kanale by M-Net.

“Dit het die geleentheid geword waar ons oor die toekoms van die bedryf kan besin. Ek is ook opgewonde oor die oorweldigende reaksie wat die fees op sosiale media gekry het,” het sy bygevoeg.

Hier is vanjaar se Silwerskermfees-wenners:

Beste kortfilm

Vryslag

Regisseur: Marcel van Heerden

Vervaardigers: Catharina Weinek en Dumisani Gumbi

Met Gérard Rudolf , Johnny Potsonyane, Aron Botha, Leanie du Randt, Marcel van Heerden en Ilse Klink.

Beste regisseur van ’n kortfilm

Wim Steytler

Wim Steytler

Wim Steytler vir Skewe Reënboog

Beste akteur in ’n kortfilm

Gérard Rudolf in Vryslag

Beste aktrise in ’n kortfilm

Martelize Kolver in Van lyn af

Beste draaiboek vir ’n kortfilm

Stiaan Smith vir Beurtkrag

Gehoorgunsteling onder die kortfilms

Konneksies 

Beste speelfilm

Dis ek, Anna


Beste regisseur van ’n speelfilm

Sara Blecher

Sara Blecher

Sara Blecher vir Dis ek, Anna

Beste akteur in ’n speelfilm

20150829_213044

Morné Visser

Morné Visser in Dis ek, Anna

Beste aktrise in ’n speelfilm

Shoki Mokgapa

Shoki Mokgapa

Shoki Mokgapa in Sink

Beste oorspronklike musiek in ’n speelfilm

Chris Letcher vir Sink

Beste draaiboek vir ’n speelfilm

Brett Michael Innes vir Sink

Beste redigering vir ’n speelfilm

Nicholas Costaras en Brett Michael Innes vir Sink

Beste kinematografie vir ’n speelfilm

Trevor Calverley vir Sink

Gehoorgunsteling onder die speelfilms

Verskietende ster

Beste bestaande kortfilm

Adam Heyns, Jenna Dunster en Laré Brink vir Dearest Elle 

Beste bestaande dokumentêr

Ryley Grunenwald en Odette Geldenhuys vir The Shore Break

Lees ook

Wie’s ons VOORBLAD-WENNER? Kom kyk en kuier saam!

Dis ons aand van die jaar met glans, bekendes en ons Voorbladfinaliste. Wees op 6 September deel van die rooitapyt-geleentheid wanneer die twee kategoriewenners uit die 10 finaliste aangewys word, en één dan wegstap as SARIE Voorbladgesig 2015. Dis haar gesig wat op die Oktober-uitgawe van SARIE sal pronk, en jy sal eksklusief ’n eerste kopie van die tydskrif in jou hande kan hê. Moenie die opwinding misloop nie!

Optredes deur die sangers Joseph Clark, Corlea Botha en Joshua na die Reën, met Nadia Beukes as gasvrou, sal die aand selfs meer spesiaal maak. Maak seker jy kry plek – koop jou kaartjie nou!

VBGfader 1 voorbladgesig event

Lees meer HIER

Kry jou kaartjie HIER